Groente in die kooi...?

Groente in die kooi...?

Gansbaai Courant

Gaan mense na ‘n dokter toe omdat hulle siek voel, of omdat hulle bang is dat hulle dalk  mag siek wees of dalk nog op pad is om  siek te word?  Ek was seker maar as kind te veel deur my ma en haar dokter-baas beïnvloed, want  ek moet regtig sommer swaksiek wees voordat ek gedagte aan ‘n dokter kry. In ons huis was ‘n kinderkoors van 104 grade Fahrenheit, wat nie met ‘n skuitige dop kasterolie gebreek kon word nie, miskien ‘n doktersondersoek werd.  En selfs dan was ‘n Streptomycin of Penicillin inspuiting  of twee genoeg om die olikheid te genees. Ons het nie pille in reekse gedrink nie; daarom dat ek tot vandag toe ook geen pille-mens is nie.  Moeder het altyd gesê ‘n mens dink jouself siek en sy het haarself, as gevolg van haar moeilike omstandighede, as voorbeeld geneem.  Gedurige kommer en stres is die grootste gif vir enige liggaam en die pilletjies is net krukke om die simptome te verlig.  My ma se afhanklikheid van anti-depressante  het my as tiener geweldig ontstel en ek glo dat ek onbewustelik ‘n renons daarteen ontwikkel het, alhoewel ek haar situasie verstaan het. Om daardie rede het ek die holistiese en spirituele roete verkies, eerder  as om met elke pyntjie en vreemde gevoelte dokter toe te hardloop.  Deur net te luister na wat ‘n mens se liggaam vir jou sê, is dit moontlik om verstellings te maak om weer op die regte pad te kom.  Uiteraard verg dit ook kennis, maar  kennis is my kos;  ek is die ewige student, die een wat nooit sal graad vang nie, omdat ek ‘n lewenslange kursus volg.

Met die ouderdom saam kom daar onvermydelik dinge soos chroniese medikasies as gevolg van ‘n vroeëre ongesonde leefstyl.  En daar gebeur ‘n natuurlike degenerasie van die liggaam en sy funksies. Dit is ‘n gegewe wat niemand  kan vryspring nie. Niemand bly vir ewig jonk nie, al dwing mense hulle ou liggame in uitmergelende driekamp-byeenkomste in en al drink hulle die duurste voedselaanvullings onder die son.  Ek het ‘n broertjie dood aan mense wat in hulle herfsjare sit en wag vir die swart kombers om op hulle te val.  ‘n Mens moet jouself aanhou uitdaag, jou liggaamlike en verstandelike grense ‘n bietjie strek,  maar sommiges vat dit net té ver, asof hulle wil bly klou aan ‘n aardse lewe.  Dit gaan net nie gebeur nie.

My ouman het vroeg in sy lewe al moeilikheid met gout opgetel. Hoe meer ek hom gemotiveer het om die oorsaak vir homself uit te werk, hoe meer pille het hy gedrink. Dis tóé dat ons begin om saam met groentes te slaap. Die eerste was warm koolblare, met ‘n verband  om die pyngedeeltes vasgedraai, wat ‘n paar kere gedurende die nag vervang moes word.  Toe vertel iemand vir hom dit moes yskoue koolblare gewees het en my nagtelike voorbereiding verskuif van die ketel kookwater na die vrieskas.  Die volgende groente-remedie  was om deur die nag te detoks met gerasperde aartappel onder die voete. Die konglomerasie van lappe en sokkies en ou, geknipte handdoeke was binne die eerste uur van sy voete af, die hele bed vol aartappel.  Rustelose bene.  En ‘n paar aartappels minder vir die pot. Oplettend soos ‘n vrou maar is, het ek later ‘n paar kosse herken as oortree-kosse en ons dieet baie subtiel aangepas. Met sukses – vir hom.

Maar toe begin ek self pyne kry! Ek gaan slaap met aartappels in my bed, sommer ook die twee pers oermoere wat die baas my gegee het. En ek sny ‘n ui halfpad deur en sit dit op my bedkassie vir die sinuspyn wat my twee dae lank al teister.  Die aartappels hou my meer uit die slaap as die pyn en na nag een, wat veronderstel was om vyf nagte te wees, gooi ek hulle uit die kooi en drink  twee Panamors.  Die ui het hard probeer, maar hy sou nooit hond haar-af gemaak het nie, want die “sinuspyn” se oorsaak was toe al die tyd ‘n te stywe kussing.

Groente hoort seker maar net nie in ‘n kooi nie en ‘n paar pilletjies op hulle tyd het ook ‘n plek in ‘n sogenaamde holistiese benadering tot gesondheid. Ek sê mos ek leer........

Carine Badenhorst

Groente in die kooi...?

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles