Pikkewyn gered

Pikkewyn gered

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Kyk net daar, ‘n Afrika pikkewyn alleen op die rotse, skakel dadelik vir Wilfred Chivell,” het Anita Botha tydens ‘n wandeling op die nuwe hawemuur gesê. So gesê, so gedaan. Wilfred se vinnige kommentaar was: “Ek is 40 minute se stap van my huis af, maar ek skakel nou terug.” Wilfred se woorde het nog spreekwoordelik in die lug gehang, toe skakel hy terug. “Pieter is op pad om te gaan kyk.”

‘n Skrale 15 minute later, toe daag Pieter du Toit en sy twee seuns, Pieter (Jnr) en MJ op. Die twee seuns het versigtig agter die pikkewyn op die rotse om beweeg om te verhoed dat hy terug water toe beweeg, terwyl Pieter, gewapen met ‘n handdoek, versigtig nader beweeg het.

Die pikkewyn is sagkens, maar behendig met die handdoek gevang. Hy het die pikkewyn na die nuut-geopende hawe van veiligheid, die African Penguin and Seabird Sanctuary (APSS) aan die begin van die nuwe Kleinbaai/Franskraal teerpad geneem vir versorging totdat dit gereed is vir vrylating. Hierdie vinnige optrede terwille van ‘n enkele pikkewyn verleen gestalte aan hulle siening van “Every Bird Counts”.

Die sentrum is op 26 Februarie vanjaar amptelik geopen. Alouise Lynch van Dyer Island Conservation Trust sê daar is al 16 voëls vir versorging opgeneem, ‘n pikkewyn, kormorante, gannets en ‘n giant petrel. “Wanneer die seevoëls in die rehabilitasie gedeelte is, word besoekers nie agter die skerms toegelaat nie, maar hulle kan wel deur die ouditorium se vensters besigtig word, terwyl ‘n koppie koffie geniet kan word,” sê Alouise. Die pragtige en waardevolle African Penguin and Seabird Sanctuary kan daagliks vanaf 09:00 tot 15:30 besoek word.

Vir navrae rakende die sentrum en/of beseerde seevoëls, kan ‘n e-pos aan Dyer Island Conservation Trust by office@dict.org.za gestuur word, of skakel Alouise Lynch by 082-907-5607.

Hardus Botha

Pikkewyn gered

Alouise Lynch

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles