Die kategete van Baardskeerdersbos se Sondagskool het besluit om op 6 April beertjies aan kinders uit te deel. Die groep het by Rusty’s Pub bymekaargekom, waar sowat 90 Paaseiers weggesteek was, wat die opwinding onder hulle sommer laat blom het.
‘n Paaseier wat met ‘n kol gemerk was, is deur Carli gekry - en toe wen sy haar krokodil wat sy self geskenk het. Net daar besluit sy om dit weer aan Riané-Rina te skenk. Ná al die pret met die weggesteekte Paaseiers, is daar tot aksie oorgegaan en is die beertjies deur die Sondagskoolkinders uitgedeel, met elkeen wat ook ‘n JC-sappie ontvang het. Die kinders het daarna “die pad gevat” en al B’Bos se bejaardes tuis gaan besoek.
‘n Paaseier met ‘n mooi boodskappie is aan elkeen oorhandig, waarna daar ook hartlik vir die bejaardes gesing is. Die kinders vertel dat heelparty van die bejaardes met trane in hul oë na die singery geluister het.
Careen Fourie bedank graag die kategete en katkisante vir hul bydraes en opofferings.
Hardus Botha