Ds Deon Kloppers, leraar van die o.m.G.e.e. (ons moet God erken en eer) Bediening in Gansbaai en Pearly Beach en skrywer van Gansbaai Courant se weeklikse “Uit die Woord” het ‘n heerlike verjaardagnaweek geniet saam met sy gemeentelede en vriende.
Sowat 27 mense het Vrydagaand by Yulanda Kleynhans (‘n gemeentelid) se Stasie 7 gekuier tydens ‘n pizza-aand.
Saterdagaand, met sy verjaardag, het Deon heerlik weggelê aan sy skaapkop by die NG Kerk Baardskeerdersbos se jaarlikse skaapkopaand.
Die susters het die verjaardag goed uitgerek met ‘n vrolike koek-en-tee-kuier na Sondag se diens by Pearly Beach.
Altyd aan sy sy, is sy vrolike siels- en eggenoot, Linda Kloppers.