Lekker bedrywig by Kleinbaai

"Mooiweer en bedrywig” loop hand aan hand by Kleinbaai hawe.  Verlede week tydens Overberg Boothengelklub se Kleinbaai Interprovinsiale Hengeltoernooi was die bedrywigheid net nog meer so tussen die haai- en ecobote deur. 

Menige besoekers het spesiaal  die hawe soggens en smiddae  besoek om die hengelbote te sien uit- en inkom in die hawe. 

Op die foto vaar die WP Junior-span die baai binne na ‘n lang dag op die water. Lees meer van die gesogte hengelkompetisie by die Sport.

Foto: Marinda van der Walt