Saaldroom word waar na 10 jaar

Saaldroom word waar na 10 jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Tien jaar lange droom van die NG-gemeente om die Pretoriussaal te vergroot en die fasiliteite te verbeter, is tydens ‘n sooispit geleentheid op Vrydag, 4 Augustus 2016 verwesentlik.

Na voltooiing sal die nuwe gedeelte as ‘n veeldoelige saal dien wat aan alle vereistes sal voldoen, wat ook netjies by die bestaande saal sal aanpas.

Die Eiendomskommissie onder voorsitterskap van Hugo Carstens het ook veral op voldoende toiletgeriewe gefokus, asook gerieflike en praktiese bedieningsluike en selfs onderdak afleweringsgeriewe voor die bestaande kombuis. Hennie Kriel is as die bouer aangewys.

Hennie Lochner het die groep betrokkenes, waarby al drie die leraars op sy inisiatief ingesluit was, verwelkom en gesê dit is wel ‘n droom wat verwesentlik is, maar dat die projek nou aan die Hemelse Vader opgedra word vir sy seën op die bouwerk.

Ds Willie Kotze is versoek om die eerste sooi midde groot opgewondenheid te spit.

Ds Dirk van Dyk het namens die Kerkraad enkele bedankings teenoor alle betrokkens gedoen, met dr Liesel Joubert wat ‘n gebed gedoen het.

Lede van die dagbestuur, finansies, eiendomme, kerkpersoneel, Vrydagmark-dames en Kersmarkpersoneel was almal teenwoordig. Die argitek, Johan Gericke, Gansbaai Munisipaliteit se Areabestuurder, mnr Kat Myburgh en Wilna Swanevelder kon nie teenwoordig wees nie.

Na afloop van al die opgewondenheid het Aletta Löchner en Leonie Botha vir toebroodjies en warm drankies gesorg, waarna daar gesellig saamgekuier is.

Met die ter perse gaan van hierdie berig is die fondasie al gegooi en is die bouery in volle swang.

Saaldroom word waar na 10 jaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles