Pieter van der Merwe het al male sonder tal pogings aangewend om ons dorp en omgewing se musikante bymekaar te bring met die oog op ‘n instrumentale musiekvereniging.
Sal dit nie heerlik wees as Gansbaai sy eie kamerkonserte kan aanbied nie?
Enige musiekinstrumentspeler, hetsy klassieke-, ligte- of boeremusiek, sal verwelkom word.
Belangstellendes word versoek om Pieter by 072-390-8084 te skakel, of stuur ‘n e-pos aan hom by almsa@mweb.co.za.