Groot geluk tref Sophie op 60

Groot geluk tref Sophie op 60

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sophie Aploon van Blompark kan nou nog skaars haar  geluk glo.

Binne enkele weke het sy ná vele probeerslae uiteindelik haar rybewys gekry, haar 60ste verjaardag gevier en op die koop toe ‘n motor as geskenk van haar werkgewer ontvang.  

Die Gansbaaise sakeman Andries Nowers, wie se familie die vismaatskappy Ichtus besit, vertel dat Sophie hom help grootmaak het en as‘t ware sy tweede ma is.

 Sy het 38 jaar gelede as huishulp vir die Nowerse begin werk.

Met die opening van die Ichtus-winkel in 1988 het sy soontoe geskuif en sedertdien ‘n ware steunpilaar geword.

Sy is wyd bekend vir die heerlike viskoekies en vis wat sy bak.

Volgens Andries was dit Sophie se groot wens om ‘n motor te hê.

Hy het gesê hy sal help as sy eers haar rybewys kry.

Op 58 het sy toe ‘n leerlingrybewys bekom en twee weke voor haar 60ste verjaardag, die ware Jakob. Een Sondag is Sophie toe na die Nowerse se huis gelok onder die voorwendsel dat sy moes kom vis bak.

In die motorhuis het die groot verrassing gewag – ‘n netjiese Toyota Tazz kompleet met ‘n rooi strik en balonne.

Sophie sê sy was uit die veld geslaan en baie dankbaar. “Ek en my dogter, Monica, bestuur die karretjie en hy ry baie lekker.”

Andries vertel dat dit vir hulle ‘n groot plesier was om te help en hy hoop dat Sophie veilig ry.

“Ek moet sê, vandat sy die kar gekry het, het ek haar nog nie weer by die werk gesien het,” voeg hy tong in die kies by.

Groot geluk tref Sophie op 60

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles