Wilde Weste 70 vir Piet

Piet Otto van Gansbaai se 70ste verjaardag is verlede Saterdag, 27 Augustus 2016, behoorlik gevier by die Birkenhead Boothengelklub met ‘n Wilde Weste-tema.

Piet is op 9 September 1946 in Riviersonderend gebore en woon vir die afgelope sowat 15 jaar in Gansbaai.  Hulle spog met 2 seuns en 5 kleinkinders. 

Sy broer, Flippie Otto woon in Franskraal  en is bekend vir die ‘treinmuseum’ in sy huis.

Flippie het veral bekendheid verwerf as die ‘treinman’ wat vroeër jare die jongklomp met sy lokomotief en treinwaentjies rondgetrek het tydens funksies.

Die Otto-gesinne het hul moeder, Rens Fourie, toe die oudste inwoner van Herberg-aan-See, kort ná haar 96ste verjaardag verlede jaar aan die dood afgestaan.

Hier  glimlag  Piet en Gerda Otto saam met   hulle span van ses Otto’s -Jaco, Wikus, Charl, Gerhard, Jaundre en Tiaan.
Gansbaai_Courant