Gansbaai is bevoorreg om ‘n musiekmeester in sy midde te hê by wie ons kinders onderrig kan ontvang.
Dit was weer dié tyd van die jaar dat Pieter van der Merwe se musiekleerders met sertifikate beloon is vir hul harde werk en pragtige prestasies.
Die trotse presteerders is: Cara van der Westhuizen (Klavier Inisiaal prakties Ererol en Teorie Ererol); Elmar van der Westhuizen (Kitaar Inisiaal prakties Ererol en Teorie met lof); Janike van Niekerk (Graad 4 Teorie met lof); Zulene van Niekerk (Graad 4 Teorie met lof); Tiaan le Roux Boshoff (Graad 4 Sang Ererol, Kitaar Inisiaal Goue Ererol en Graad 1 Teorie Ererol).
Hierdie musiekleerders is bevoorreg om in Gansbaai onderrig van hoë gehalte te kan ontvang.
Pieter is die Registrateur, asook hoof eksaminator van die Akademie vir Kontemporêre-, Jazz- en Gospel Musiek van Suid-Afrika (ALMSA), wat sowat 28 jaar gelede in 1988 gestig.