Gansbaai Academia is baie trots op hulle leerlinge wat as wenners uitgetree het van die JSE/Liberty Life maanduitdaging.
Die Sharkies se Heinrich van der Merwe, Llewellyn Davids, Jacques Prins en André Lourens, asook die skool het elkeen R500 se aandele losgeslaan.
Tans is hulle sesde op die ranglys en sal vir die top vyf posisies gedurende September kompeteer om die prysgeld wat wissel tussen R6,250 en R21,500 los te slaan.