Gansbaai Academia Voedselfees

Click below for the full Gansbaai Academia Voedselfees Collage:

Indië se Ongeziwe Tyindyi het gaste vermaak met sy fluitspel en vernuftig ‘n slang geprakseer wat uit die mandjie opstaan wanneer hy sy musiek speel.
Sandra Boshoff (heel links) was die Suid-Afrikaanse sjef wat heerlike bobotie en koeksisters voorgesit het.  Hier staan sy saam met haar span van links: Mashate Boshoff, Andrea Wildschut, Chanel Perrumel, Nicole Jantjies, Jo-Marie Joseph en June Prins.
Die nuwe bistro-restaurant in die dorp, Serendipity, se sjefs het Griekse kos voorgesit en is vlnr Juandre Anderson, DeWet Visser en Adriaan Kruger saam met hulle helpers: Elandre Hans, Shaida Cupido, Amy Wolhuter en Bujiswa Nojozi.
Italië se Fynbos-sjefs is vlnr Charmain Visser, Erin Fourie, Marina Valoppi-Grove en Naideen Hickman.
Gaste is vermaak op die musiek van die plaaslike orkes “254”. Marius Steyn, wat ook werksaam is by Academia, was die orkesleier.
Die restaurant, Blue Goose is bekend vir hulle kerriegeregte en om Indië te  verteenwoordig  was  dus  ‘n  natuurlike  keuse.   Van  links poseer Annelize Geertz, Julia Wilson, Antoinette Geertz  en die Blue Goose span.
Arend de Waal was verantwoordelik  vir die Chinese stalletjie (nie op foto).  Sy helpers was Mona Matthews, Anthea Goede en Shane Aucamp.
Talia Lloyd van Chickenland skep heilsame Hollandse sop op vir haar gaste.
Gansbaai Academia en die dorp se sjefs het vanjaar  hande gevat vir hul jaarlikse Voedselfees.  ‘n  Verwelkomingsgroep wat elk van die tien lande verteenwoordig het, het gaste ingewag.  Van links Chanelle Perumal,  Lehanna Louw,  Marsha Lee Boshoff,  Nazli Ellis,  Geolin Baartman, Divan  Classen, Aimelize Geerdtse, Keenan Michells en Analo Yawa. Voor sit Megan Pieterse, Chrizano Wildschut en Jason Groenewald.
Honderde gaste het Academia se Voedselfees bygewoon.
Die Mexikaanse tafel is beman deur Marlin Kaptein, Craig Gillion, Anria Nel, Gericke van Eck en Carlo Kondokter.  Maria Tobias, die vrou agter die kospotte, verskyn nie op die foto nie.
Gansbaai_Academia_Voedselfees_Collage
Gansbaai_Courant