‘n Graad 12 leerder van Overberg Hoërskool (Ovies) in Caledon, Francois Groenewald, is ‘n bevoorregte lid van die Cape Einsteins.
Francouis het Saterdag, 27 Augustus 2016 die voorreg geniet om, as deel van hierdie groep leerders, ‘n besoek aan die Waterfront in Kaapstad af te lê.
Die besoek aan die Waterfront was op sigself ‘n groot gebeurtenis vir hom, aangesien dit sy eerste besoek daar is.
Die hoogtepunt van die besoek was egter die Body Worlds uitstalling wat besigtig kon word.
Die Cape Einsteins is deel van ‘n wêreldwye organisasie wat hulle toespits op leerders wat nie op eie koste uitstallings en besiens-waardighede kan besoek nie.
Die organisasie word deur Duitse- en Amerikaanse weldoeners ondersteun.
Leerders word gereeld gratis op verskeie uitstappies geneem, hoofsaaklik na opvoedkundige uitstallings, terwyl hulle ook opvoedkundige kursusse gedurende skoolvakansies gratis kan bywoon.