Gepraat van gras...

Gepraat van gras...

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons klub verlang na “groener weivelde” en daarvoor gaan ons “geen gras onder ons voete laat groei nie”. ’n Tyd terug was daar ’n lelike “slang in die gras”, maar toe iemand nog sê hierdie baan is “van die gras af" is daar ’n paar stewige kêrels wat opspring en kwaai vermaan: “Julle is in die ou gras!” Oor hierdie saak het ons die “gras voor almal se voete weggemaai!”

Nou waaroor gaan die klomp gras?

By Franskraal Rolbalklub gaan dit letterlik oor “die gras is groener aan die ander kant”. Een van die bane is tans onder konstruksie, maar dit is lekker om te sê dat die klomp ywerige spelers van ons klub steeds luid en lekker speel op een baan. Met die een oog op die bal en die ander een op die baan “onder konstruksie” hou ons angstig die groen sprietjies wat begin kop uitsteek met belangstelling en arendsoë dop. Indien daar iemand is wat dalk iets kwytraak soos “die gras is kapoet” … vir daai een groet ons met: “Êrens gaan ons gras oor die saak laat groei.” Die A-baan wat opgegradeer is lyk pragtig en die eerste wedstryde kan op die groen nuwe baan gespeel word.

Sien jou by die klub waar die gras altyd groener is. Dankie vir idiome en die skeppers daarvan deur ons land se skrywers soos Langenhoven, Boerneef en ander. Onthou asseblief: VAT GRAS, TAKE GRASS!

Kontak Archie Chambers vir enige navrae: 082 468 8765

Rolbalgroete. Ankie

Gepraat van gras...

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles