Die tradisie van ‘n jaarlikse Verjaardagkoek aan Gansbaai Munisipaliteit is getrou deur Gilbert (Boetie) Hart voortgesit.
Agtien jaar gelede, 9 September 1999, het Gansbaai se munisipale personeel ingetrek en op daardie dag het Boetie belowe om jaarliks ‘n twee-laag verjaardagkoek, met Overstrand Munisipaliteit se embleem daarop versier, as verjaardaggeskenk aan mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, te stuur - ‘n belofte wat hy ná agtien jaar steeds steeds onderhou.