Overstrand se “Dames in Uniform” het gedurende Oktobermaand in ‘n gesamentlike aksie, “Women’s Month Grid Plan”, na verskillende skole, tehuise vir bejaardes en kinderwelsynsorganisasies uitgereik.
In Gansbaai is die dorp se Verkeersafdeling by Herberg-aan-See (HaS) met ope arms deur die bestuurder, John van Rooyen, ontvang. Groente en vrugte, wat die groep dames uit eie sak aangekoop het, is aan HaS geskenk.
Die Superintendent: Verkeersdienste, Xenophon Titus, het gesê hierdie groep van ses en dertig dames is ‘n gekombineerde aksie tussen Overstrand se Departemente van Wetstoepassing, Brandweer, Polisiedienste en Landbou en Visserye. Hulle het bewys dat hulle projek 'n groot verskil in gemeenskappe kan maak.