Wie het gesê hekel hoort net by “toeka se oumas”? Alda Rowan van Perlemoenbaai het verlede jaar ‘n hekelgroep gestig en was verbaas oor die groot belangstelling.
Intussen het haar groepie na sowat twaalf gereelde lede gegroei. Sy het ‘n behoefte aan hekelkennis geïdentifiseer, aangesien dit mode begin raak het.
Tydens hulle byeenkomste word bepaalde behoeftes aangespreek, soos om te leer hekel, hekel deur linkshandiges, om hekelpatrone te kan lees en te verstaan, asook om vanaf diagramme en spesifieke simbole te hekel.
Die hekelgroep kom twee-weekliks in Hot Coffee in Gansbaai vanaf 11:00 – 14:00 bymekaar.
Belangstellendes in hekel kan vir Alda Rowan by 073-925-1343 skakel.