Biblioteek soek boek-vriende

Biblioteek soek boek-vriende

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Biblioteek beplan ‘n opwindende aksie vir biblioteekdienste, maar maak staat op die samewerking van Gansbaai se leserspubliek. Die stigting van ‘n klub, “Vriende van die Biblioteek”, word beplan en die biblioteekpersoneel versoek biblioteeklede, asook die publiek, om saam op hierdie opwindende wa te klim. “Soos ons almal weet, is boeke vandag baie duur en dit duur soms net te lank vir Topverkopers vanaf Provinsiale Biblioteekdienste om hier aan te kom,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris van Gansbaai Biblioteek. Sharman sê die Biblioteekstelsel bied 'n opsie om 'n Komitee saam te stel - bekend as “Vriende van die Biblioteek”. Hierdie komitee sal uit ‘n voorsitter, visie-voorsitter, sekretaris en tesourier bestaan.

Die hoofdoel van die komitee is om fondse op kreatiewe maniere te genereer om dan nuwe voorraad vir die Biblioteek aan te koop. Die Biblioteek ontvang ook gereeld boeke as donasies wat nie in voorraad opgeneem kan word nie; hierdie boeke kan dan verkoop word om fondse te genereer vir die aankoop van nuwe boeke.

Die eerste GROOT boekuitverkoping gaan Vrydag, 30 September 2016 op die Biblioteek se voorstoep plaasvind en alle gelde wat op daardie dag gemaak word, sal aangewend word om die "Vriende van die Biblioteek" te stig. Belangstellendes kan vir Sharman Geldenhuys of Edna van der Linde by 028-384-8346 skakel, of stuur ‘n e-pos aan sgeldenhuys@overstrand.gov.za.

Biblioteek soek boek-vriende

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles