Olimpiese kampioen vir Jesus! (4)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (4)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.” (2Tim.  2:5)

As die Olimpiese Spele vir gewone atlete jou aangegryp het, sal die Olimpiese Spele wat tans vir Parapleë gehou word jou stilmaak van verbasing en verwondering. Om te sien hoe ‘n man sonder arms en met een been vinniger kan swem as ons normale mense maak jou eintlik skaam, is dit nie. Blindes wat naellope hardloop en verlamdes wat aan marathons deelneem laat my net weer eens besef dat GOD alles wat Hy gemaak het, as goed kan beskryf. Dit hang net af of jy deur jou eie oë kyk of deur GOD se oë.

Ons het alreeds in die afgelope weke gesien dat jy alleen ‘n atleet/kampioen vir Jesus kan wees as jy jouself  doelgerig inspan (#1) om meer en meer te word  soos wat GOD jou eintlik bedoel het. Al kompeteer ons teen ‘n opponent (#2) wat selfs van ongeoorloofde taktiek gebruik maak, weet ons dat ons in Jesus alreeds die duiwel ‘n uitklophou gegee het. Hoe weet ons dit? GOD het ons verseker dat ons die hemelse prys (#3) gaan wen! Daarom oefen ons elke dag om goddelik te wees – om ons op Jesus, wat die wenpaal is, te hou en voluit te hardloop.

Vandag gaan ons aansluit by die Paralimpiese Spele en die vierde eienskap van ‘n kampioen vir Jesus bespreek. Feit #4 – Selfs as ek swak is, is ek sterk – want GOD is aan my kant!

“Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan.  Drie maal het ek die HERE gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor. 12:7-9)

Een van die redes hoekom ons as Christene moedeloos word of uitsak in die wedloop van die lewe, is omdat ons bly vaskyk teen ons swakhede of gebreke. Ons gebruik allerhande verskonings soos: “ons is te moeg”, “ek is nie goed genoeg nie”, “ek is te arm of te dom”, “die duiwel val my aan”, of sommer net omdat ons te lui is om ons in te span in te oefen vir Jesus. Paulus het geweet dat die doring in sy vlees (wat enige iets kon gewees het – soos wat jy ook het) dat dit hom net meer afhanklik gemaak het van GOD se genade. As jy swak is, is GOD sterk – en al wat Hy van jou vra is om Hom te vertrou in jou lewe. Gee jouself gewillig oor aan Sy Wil in jou lewe.

Begin om te lewe soos wat Hy van jou verwag.

Staan vroeg op, oefen jou in die Woord, volhard in gebed en doen elke dag iets goed aan iemand op jou pad.

Laat Jesus jou oë nuut maak deur die Heilige Gees en jy sal al hoe meer die mooi en goed in ander mense begin raaksien.

Doen dit net!

Olimpiese kampioen vir Jesus! (4)

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles