Olimpiese kampioen vir Jesus! (4)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (4)

Gansbaai Courant

“'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.” (2Tim.  2:5)

As die Olimpiese Spele vir gewone atlete jou aangegryp het, sal die Olimpiese Spele wat tans vir Parapleë gehou word jou stilmaak van verbasing en verwondering. Om te sien hoe ‘n man sonder arms en met een been vinniger kan swem as ons normale mense maak jou eintlik skaam, is dit nie. Blindes wat naellope hardloop en verlamdes wat aan marathons deelneem laat my net weer eens besef dat GOD alles wat Hy gemaak het, as goed kan beskryf. Dit hang net af of jy deur jou eie oë kyk of deur GOD se oë.

Ons het alreeds in die afgelope weke gesien dat jy alleen ‘n atleet/kampioen vir Jesus kan wees as jy jouself  doelgerig inspan (#1) om meer en meer te word  soos wat GOD jou eintlik bedoel het. Al kompeteer ons teen ‘n opponent (#2) wat selfs van ongeoorloofde taktiek gebruik maak, weet ons dat ons in Jesus alreeds die duiwel ‘n uitklophou gegee het. Hoe weet ons dit? GOD het ons verseker dat ons die hemelse prys (#3) gaan wen! Daarom oefen ons elke dag om goddelik te wees – om ons op Jesus, wat die wenpaal is, te hou en voluit te hardloop.

Vandag gaan ons aansluit by die Paralimpiese Spele en die vierde eienskap van ‘n kampioen vir Jesus bespreek. Feit #4 – Selfs as ek swak is, is ek sterk – want GOD is aan my kant!

“Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan.  Drie maal het ek die HERE gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor. 12:7-9)

Een van die redes hoekom ons as Christene moedeloos word of uitsak in die wedloop van die lewe, is omdat ons bly vaskyk teen ons swakhede of gebreke. Ons gebruik allerhande verskonings soos: “ons is te moeg”, “ek is nie goed genoeg nie”, “ek is te arm of te dom”, “die duiwel val my aan”, of sommer net omdat ons te lui is om ons in te span in te oefen vir Jesus. Paulus het geweet dat die doring in sy vlees (wat enige iets kon gewees het – soos wat jy ook het) dat dit hom net meer afhanklik gemaak het van GOD se genade. As jy swak is, is GOD sterk – en al wat Hy van jou vra is om Hom te vertrou in jou lewe. Gee jouself gewillig oor aan Sy Wil in jou lewe.

Begin om te lewe soos wat Hy van jou verwag.

Staan vroeg op, oefen jou in die Woord, volhard in gebed en doen elke dag iets goed aan iemand op jou pad.

Laat Jesus jou oë nuut maak deur die Heilige Gees en jy sal al hoe meer die mooi en goed in ander mense begin raaksien.

Doen dit net!

Olimpiese kampioen vir Jesus! (4)

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles