Hoërskool Overberg (Ovies) in Caledon spog met een silwer- en twee bronsmedaljes wat hulle tydens die Overberg Eisteddfod se jaarlikse prestige Pryswenners-konsert in Hermanus se ouditorium ontvang het.
Ruan Delport was die eerste junior in die kategorie Chemie. Hy het die invloed van temperatuur op die gehalte van vingerafdrukke getoets en daarmee ’n silwer medalje verower.
Ruan se klasmaats, Kaylee Krige en Ian le Roux het elk ‘n brons medalje verower. Die Ovies het onlangs hul kennis en vernuf in Stellenbosch gaan ten toon stel en baie goed gevaar.