4x4 Uitdaging sorg vir baie pret

4x4 Uitdaging sorg vir baie pret

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sewe-en-tagtig deelnemers van regoor die Wes-Kaap het ‘n opwindende dag vol uitdagings en avontuur beleef tydens Laerskool Gansbaai se 4x4 Hindernisdag. 

Dit is die tweede keer dat die uiters gewilde dag in samewerking met Murasie aangebied word. 

Vrydagaand, 2 September, het talle entoesiastiese deelnemers en ondersteuners gure Overstrandweer trotseer en ten spyte van swaar reën het die vure hoog gebrand en is daar tot laat-aand gesellig gekuier.

Nadat die dag amptelik geopen is deur Mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Laerskool Gansbaai, het Saterdag se verrigtinge afgeskop met ‘n tradisionele ontbyt voor die eerste uitdaging aangepak is. ‘n Beplande 16 km gedeelte van die skilderagtige Murasie 4X4-roete is onder leiding van gidse Maranelle Basson, Willem Schoombee, Jacques Coetzee, André Hage, Eben Visser en Kosie de Wet aangepak.  Die vorige dag se swaar reën het sommige hindernisse baie moeilik oorkombaar gemaak en  dit het opeenhopings veroorsaak.  Die 4X4 entoesiaste het nie toegelaat dat hul geesdrif gedemp word nie en die rit het vinnig in ‘n herwin-en-uitsleep uitdaging ontaard.

Tydens middagete is toeskouers en deelnemers vermaak deur Ian Nutall met ‘n geblinddoekte drywer en ander kompetisies soos “Bullseye” en “Guess the tyre pressure”.

Na middagete het die fokus verskuif na ‘n kort hindernisbaan, wat spesiaal vir die geleentheid deur Kosie de Wet en Woens Basson beplan en gebou is.  Hier het deelnemers teen tyd met mekaar kompeteer.  Toeskouers het die aksie vanaf die aangrensende damwal dopgehou en gedeel in die skertsende geterg van die ondersteuners van verskillende fabrikate en bestuurders.  Die laaste aktiwiteit van die dag was ‘n “mud run”-tydtoets wat ook vir hope vermaak gesorg het.

Wenners

Na afloop van die aktiwiteite is Johan Kotze met sy Toyota-bakkie as die Algehele Beste Bestuurder van die dag aangewys.  Hy was ook die wenner van die “Mud Run”.  Die Beste Damesbestuurder was Jane de Wet en die wenner van die Hindernis Uitdaging was Riaan Bothma.  Dries du Toit met sy Toyota Fortuner het ‘n toekenning gekry vir die Mees Gewaagde “Stunt” van die dag.

Die geleentheid word deur die LSG Ouergemeenskap gereël as fondsinsameling ten bate van Laerskool Gansbaai se Ontwikkelingsfonds.  Volgens Francois van der Westhuizen was die dag ‘n reuse sukses.  Woens Basson het op sy beurt gesê hy het altyd geweet ‘n 4X4-Dag by Murasie het die potensiaal om ‘n groot sukses te wees.  Albei dié organiseerders mik vir TV-blootstelling volgende jaar!  Reëlings vir April 2017 is alreeds voluit aan die gang.

4x4 Uitdaging sorg vir baie pret

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles