Tsoanelo Haarhoff (11), ‘n Graad 5 leerder van Gansbaai Primêr, het uitstekend tydens die jaarlikse WOW Spelkompetisie gevaar. Sy het Overberg Distrik op Provinsialevlak by die Universiteit van Stellenbosch op 10 September verteenwoordig. Daar het sy goed gevorder tot in die agste rondte, waar sy ongelukkig uitgeval het.
Aanvanklik het sy tydens Kring 2 se uitdunne eerste in haar afdeling gekom en daarna ook eerste onder alle Graad 5’s tydens die Overberg Onderwysdistrik Kompetisie geëindig.