Voor- en nadele van 'n boot

Voor- en nadele van 'n boot

Gansbaai Courant

Die volgende info sal nie vir die ervare skipper van veel nut wees nie. Inteendeel, hy kan baie ekstra inligting bydra. Ons vra dus die onervare persoon om nader te staan. Ons begin sommer by die volgende: om jou nuwe boot ten beste te benut is die groot vereiste dat jy moet lief wees vir die see, anders sal dit baie gou net ‘n las wees. Dan moet jy aan die volgende punte van belang aandag gee:

As jy nie die nodige kundigheid het nie kry iemand (soos ‘n Hardebaard, beslis nie ‘n verkoopman nie!) om jou by te staan. Daar sal gekyk moet word na die tipe boot (nr. een, is dit ‘n seeboot?), die grootte daarvan, asook die toestand. Is dit toegerus met die regte grootte motors? Onthou dat sekere bote anders op die water reageer  en veiligheid is baie belangrik. Jy moet ook oplet na die veiligheidstoerusting. Hoe naby aan vervaldatum is hulle? En redelik onlangs het die regulasies verander. Daar moet nou ‘n spesiale draadloos aangeskaf word en sonder die nodige kontakte kan dit jou maklik ‘n hele paar duisend rand ekstra uit die sak jaag. Maak dus seker dat die boot wat jy in gedagte het reeds met hierdie draadloos toegerus is. Vlottasie is ‘n ander probleem wat jou ook kopsere kan besorg indien jy dit dalk moet verander. Laat die persoon wat jou gaan bystaan hier raad gee. Indien jy bogenoemde knelpunte in ag neem en jy die regte raadgewer het sal jou nuwe boot jou baie plesier en genoegdoening verskaf. Dit is altyd raadsaam om eers die boot op see te toets (veral met ‘n tweedehandse aankoop). Sorg dat ‘n ervare persoon saamgaan.

Jare terug was die storie nie so ingewikkeld nie.

Reëlveranderings, veral dees-dae, kan groot kostes meebring en baie van die ouer garde veral het noodgedwonge moes ontslae raak van hulle bote wat al die jare een van hul mees gewaardeerde besittings was. Ongelukkig is daar geen simpatie of toegewing nie en omdat dit finansieel probleme gebring het moes prioriteite in ag geneem word. Daar kan nie gestry word dat nuwe reëls ekstra veiligheid verseker nie en almal maar moet aanpas. Dit bly in elk geval ‘n feit dat omdat van hierdie ouer garde al die jare heel goed op see klaargekom het en natuurlik baie bedrewe, hierdie nuwe reëls vir hulle baie problematies was. Hoekom nie so nou en dan, wanneer die water dit toelaat, van hierdie ouens oplaai en saamneem water toe nie? Daar is beslis baie by hulle te leer wat hengel en algemene kennis betref, so doen dit gerus.

So wanneer dit kom by boot aanskaf, gee baie aandag aan die detail en oorweeg jou opsies deeglik.

Groete, Seemeeu

Voor- en nadele van 'n boot

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles