Voor- en nadele van 'n boot

Voor- en nadele van 'n boot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die volgende info sal nie vir die ervare skipper van veel nut wees nie. Inteendeel, hy kan baie ekstra inligting bydra. Ons vra dus die onervare persoon om nader te staan. Ons begin sommer by die volgende: om jou nuwe boot ten beste te benut is die groot vereiste dat jy moet lief wees vir die see, anders sal dit baie gou net ‘n las wees. Dan moet jy aan die volgende punte van belang aandag gee:

As jy nie die nodige kundigheid het nie kry iemand (soos ‘n Hardebaard, beslis nie ‘n verkoopman nie!) om jou by te staan. Daar sal gekyk moet word na die tipe boot (nr. een, is dit ‘n seeboot?), die grootte daarvan, asook die toestand. Is dit toegerus met die regte grootte motors? Onthou dat sekere bote anders op die water reageer  en veiligheid is baie belangrik. Jy moet ook oplet na die veiligheidstoerusting. Hoe naby aan vervaldatum is hulle? En redelik onlangs het die regulasies verander. Daar moet nou ‘n spesiale draadloos aangeskaf word en sonder die nodige kontakte kan dit jou maklik ‘n hele paar duisend rand ekstra uit die sak jaag. Maak dus seker dat die boot wat jy in gedagte het reeds met hierdie draadloos toegerus is. Vlottasie is ‘n ander probleem wat jou ook kopsere kan besorg indien jy dit dalk moet verander. Laat die persoon wat jou gaan bystaan hier raad gee. Indien jy bogenoemde knelpunte in ag neem en jy die regte raadgewer het sal jou nuwe boot jou baie plesier en genoegdoening verskaf. Dit is altyd raadsaam om eers die boot op see te toets (veral met ‘n tweedehandse aankoop). Sorg dat ‘n ervare persoon saamgaan.

Jare terug was die storie nie so ingewikkeld nie.

Reëlveranderings, veral dees-dae, kan groot kostes meebring en baie van die ouer garde veral het noodgedwonge moes ontslae raak van hulle bote wat al die jare een van hul mees gewaardeerde besittings was. Ongelukkig is daar geen simpatie of toegewing nie en omdat dit finansieel probleme gebring het moes prioriteite in ag geneem word. Daar kan nie gestry word dat nuwe reëls ekstra veiligheid verseker nie en almal maar moet aanpas. Dit bly in elk geval ‘n feit dat omdat van hierdie ouer garde al die jare heel goed op see klaargekom het en natuurlik baie bedrewe, hierdie nuwe reëls vir hulle baie problematies was. Hoekom nie so nou en dan, wanneer die water dit toelaat, van hierdie ouens oplaai en saamneem water toe nie? Daar is beslis baie by hulle te leer wat hengel en algemene kennis betref, so doen dit gerus.

So wanneer dit kom by boot aanskaf, gee baie aandag aan die detail en oorweeg jou opsies deeglik.

Groete, Seemeeu

Voor- en nadele van 'n boot

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles