Jolyn se debuutbundel hier vrygestel

Jolyn se debuutbundel hier vrygestel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jolyn Phillips, ‘n gebore Gansbaaier van Blompark, se debuutbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other Stories, het wye reaksie onder bekende skrywers soos Antjie Krog, Meg van der Merwe, Shaun Johnson en andere uitgelok.

Antjie Krog skryf: “An impressive debut that brings across voices never heard before in South African English - not only in rhythm and timbre, but plumbing the unspoken. With such a remarkable ear, Jolyn Phillips is a young writer to watch.”

Die omslag, ‘n waterverfskildery van ‘n kransie blomme, vertoon op die oog af dubbelsinnig, maar versinnebeeld mense se stories wat soos ‘n kransie veldblomme inmekaar gevleg is.

Die dertien verhale in die bundel lees byna soos ‘n reeks aardse gedigte en getuig van fyn waarneming en liefde vir mense.

Dit is tipiese verhale van mense en vissers se lief en leed in Gansbaai en omgewing - meer spesifiek in Blompark.

Baie aspekte van menselewens word in die verhale aangeraak, soos hartseer, humor, dwelms, ontrouheid, armoede, maar ook sprankelende lewensenergie.

Jolyn neem sedert 2012 aan die Open Book en die Franschhoek Literary Festivals deel.

In 2014 word sy as die 2014 Mandela Rhodes Scholar aangewys.

Sy verwerf haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Wes-Kaap en werk tans aan haar PhD in Taalonderrig aan dieselfde universiteit.

Jolyn se bundel is deur Modjaji Books uitgegee en word Vrydag, 30 September 2016 om 17:00 by Gansbaai Primêr in Blompark bekendgestel. “Ek nooi graag belangstellendes uit om die bekendstelling by te woon,” sê Jolyn. “Ek het op Gansbaai Primêr as gasheer vir die bekendstelling besluit om sodoende my dankbaarheid teenoor my gemeenskap, waar ek grootgeword het, te betoon.” Belangstellendes wat die bekendstelling wil bywoon, kan 081-724-9630 skakel om te bevestig.   

Jolyn se debuutbundel hier vrygestel

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles