Jolyn se debuutbundel hier vrygestel

Jolyn se debuutbundel hier vrygestel

Gansbaai Courant

Jolyn Phillips, ‘n gebore Gansbaaier van Blompark, se debuutbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other Stories, het wye reaksie onder bekende skrywers soos Antjie Krog, Meg van der Merwe, Shaun Johnson en andere uitgelok.

Antjie Krog skryf: “An impressive debut that brings across voices never heard before in South African English - not only in rhythm and timbre, but plumbing the unspoken. With such a remarkable ear, Jolyn Phillips is a young writer to watch.”

Die omslag, ‘n waterverfskildery van ‘n kransie blomme, vertoon op die oog af dubbelsinnig, maar versinnebeeld mense se stories wat soos ‘n kransie veldblomme inmekaar gevleg is.

Die dertien verhale in die bundel lees byna soos ‘n reeks aardse gedigte en getuig van fyn waarneming en liefde vir mense.

Dit is tipiese verhale van mense en vissers se lief en leed in Gansbaai en omgewing - meer spesifiek in Blompark.

Baie aspekte van menselewens word in die verhale aangeraak, soos hartseer, humor, dwelms, ontrouheid, armoede, maar ook sprankelende lewensenergie.

Jolyn neem sedert 2012 aan die Open Book en die Franschhoek Literary Festivals deel.

In 2014 word sy as die 2014 Mandela Rhodes Scholar aangewys.

Sy verwerf haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Wes-Kaap en werk tans aan haar PhD in Taalonderrig aan dieselfde universiteit.

Jolyn se bundel is deur Modjaji Books uitgegee en word Vrydag, 30 September 2016 om 17:00 by Gansbaai Primêr in Blompark bekendgestel. “Ek nooi graag belangstellendes uit om die bekendstelling by te woon,” sê Jolyn. “Ek het op Gansbaai Primêr as gasheer vir die bekendstelling besluit om sodoende my dankbaarheid teenoor my gemeenskap, waar ek grootgeword het, te betoon.” Belangstellendes wat die bekendstelling wil bywoon, kan 081-724-9630 skakel om te bevestig.   

Jolyn se debuutbundel hier vrygestel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles