Plastiek - nóg 'n kusmoordenaar

Plastiek - nóg 'n kusmoordenaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kus- en Mariene bewaringsbewustes in die wêreld verenig jaarliks op Internasionale Kusopruimingsdag om ‘n bydrae tot die voorkoming van mariene-uitwissing deur plastiekware af te skaal.

Vanjaar het die dag op 17 September 2016 geval. Inligting wat op hierdie wyse versamel word, word na ‘n nasionale- en internasionale databasis  gestuur. Vanjaar het ‘n paar groepe onder leiding van Gansbaai Toerisme en Dyer Island Conservation Trust (DICT) saamgestaan en op drie areas gefokus: Uilenkraalsmond by die brug op die R43, Gansbaai Karavaanpark (hawe-gebied) en Stanford’s Cove het deel uitgemaak van die plaaslike inisiatief.

DICT met die samewerking van die skolebewaringsgroep vanuit Masakhane, Deep Blue,  Internasionale vrywilligers, Overstrand Munisipaliteit en Gansbaai Toerisme het gesamentlik twee en twintig sakke vullis (115.9 kilogram) opgetel as hul bydrae om ‘n verskil in hierdie area se kuslyn te maak.

Die groepe het hoofsaaklik glas en plastiek in hierdie gebiede opgetel.

Dit kom as geen verrassing indien statistieke van sowat 5.25 triljoen plastiekitems in aanmerking geneem word  nie. Honderd-duisende mariene spesies vrek jaarliks as gevolg van plastiekitems en verstrikking – en hierdie getal berus net op diê spesies wat gevind word. Hieruit blyk dat minstens twee derdes van die wêreld se visvoorraad onder die inname van plastiek deurloop.

Raak betrokke

Die sleutelwoord hier is om die gebruik van plastiek vandag nog te staak.

Negentig persent van daaglikse menslike gebruik  bestaan uit kruidenierssakke, plastiekverpakkingsmateriaal, plastiekeetgerei, strooitjies en ander plastiekartikels, wat met herwinningsmateriaal vervang kan word. Elke enkele  poging tot die bewaring van ons omgewing, maak wel ‘n verskil.

Plastiek - nóg 'n kusmoordenaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles