Ivan Trollip se kennis oor plante is net so indrukwekkend soos sy olieverfskilderye. Ivan staan hier voor sy kunsgalery in Baardskeerdersbos wat deel uitmaak van dié kunstenaarsgemeenskap se gewilde kunsroete wat op 1 en 2 Oktober van 10:00 tot 17:00 aangebied word.
Ander kunstenaars wat deel uitmaak van die kunsfees is Coleen Emmenis, Herman van Bon, Joshua Miles, Louis Stroh van der Walt, Kali en Daniel Griffin, Niël Jonker, Kali van der Merwe, Anzu Wicks, Sylvie Groschatau, Brenda Parker, Philip John en Jan Vingerhoets.
Besoekers kan hulle regmaak vir ‘n verskeidenheid beeldhou- en batikwerk, houtkuns, fotografie, tekstiel- en potteware, juwele, funksionele kuns en potloodsketse.
Besoek die legendariese dorpie waar veral die aronskelke op die oomblik ‘n skouspel vir die oog is. ‘n Dorpie waar jy in die grondstrate kan wandel en waar kinders onbesonne kan rondhardloop.