Franskraal Rolbalgeselsies

Franskraal Rolbalgeselsies

Gansbaai Courant

Ek het ’n lekker briefie ontvang van Judith Vorster wat ’n nuwe lid van ons Rolbalklub is. Sy en haar man André, het ná hulle aftrede in Perlemoenbaai kom woon en kan nie uitgepraat raak oor die “vriendelikheid en gasvryheid” van die lede van Franskraal se rolbalklub nie.  Judith skryf:

“Drie spanne van Franskraal het Saterdag 10 September in Riviersonderend aan ’n  kompetisie deelgeneem – my eerste ervaring as ’n nuwe lid om op 'n ander dorp te gaan speel. Vroeg al gery uit Gansbaai, lekker gesels en die mooie Overberg met tarentale langs die pad geniet. Ons leer mekaar ook sommer beter ken. Met ons aankoms is ons getrakteer op heerlike toebroodjies, tee en koffie en pragtige groot bosse rose wat die saal versier het. Ons het twee wedstryde voor ete gespeel, ’n heerlike middagete geniet en daarna nog ’n wedstryd. Eerste wedstryd gelykop. Die tweede speel ons ons harte uit, maar verloor teen die kampioenspan van Bredasdorp. Tog stap ons met ’n  glimlag van die baan af, want nuwe vriende is gemaak en alles geskied in ’n wonderlike atmosfeer. Laaste wedstryd weer verloor, want sommige van ons se petrol het opgeraak na die heerlike middagete. Twee van Franskraal se spanne eindig onder die eerste vyf plekke. Ons ry laatmiddag terug en ek dink hoe lekker die dag was. Riviersonderend het ons baie tuis laat voel. Rolbal gaan nie net oor balle rol nie, dit gaan oor samesyn, kameraadskap, vriende maak, lekker kuier en laaste, maar nie die minste nie, ook lekker eet! Kan nie wag vir ons volgende wegspeelkans nie!”

Kyk net wat mis jy as jy nie lid is nie! Skakel 082 468 8765 as jy ook wil inskakel.

Vriendelike rolbalgroete,
Ankie

Franskraal Rolbalgeselsies

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles