Franskraal Rolbalgeselsies

Franskraal Rolbalgeselsies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek het ’n lekker briefie ontvang van Judith Vorster wat ’n nuwe lid van ons Rolbalklub is. Sy en haar man André, het ná hulle aftrede in Perlemoenbaai kom woon en kan nie uitgepraat raak oor die “vriendelikheid en gasvryheid” van die lede van Franskraal se rolbalklub nie.  Judith skryf:

“Drie spanne van Franskraal het Saterdag 10 September in Riviersonderend aan ’n  kompetisie deelgeneem – my eerste ervaring as ’n nuwe lid om op 'n ander dorp te gaan speel. Vroeg al gery uit Gansbaai, lekker gesels en die mooie Overberg met tarentale langs die pad geniet. Ons leer mekaar ook sommer beter ken. Met ons aankoms is ons getrakteer op heerlike toebroodjies, tee en koffie en pragtige groot bosse rose wat die saal versier het. Ons het twee wedstryde voor ete gespeel, ’n heerlike middagete geniet en daarna nog ’n wedstryd. Eerste wedstryd gelykop. Die tweede speel ons ons harte uit, maar verloor teen die kampioenspan van Bredasdorp. Tog stap ons met ’n  glimlag van die baan af, want nuwe vriende is gemaak en alles geskied in ’n wonderlike atmosfeer. Laaste wedstryd weer verloor, want sommige van ons se petrol het opgeraak na die heerlike middagete. Twee van Franskraal se spanne eindig onder die eerste vyf plekke. Ons ry laatmiddag terug en ek dink hoe lekker die dag was. Riviersonderend het ons baie tuis laat voel. Rolbal gaan nie net oor balle rol nie, dit gaan oor samesyn, kameraadskap, vriende maak, lekker kuier en laaste, maar nie die minste nie, ook lekker eet! Kan nie wag vir ons volgende wegspeelkans nie!”

Kyk net wat mis jy as jy nie lid is nie! Skakel 082 468 8765 as jy ook wil inskakel.

Vriendelike rolbalgroete,
Ankie

Franskraal Rolbalgeselsies

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles