Probeer gerus iets anders

Probeer gerus iets anders

Gansbaai Courant

Dit is so dat jy kan redeneer, ek doen goed, so los my, hoekom moet ek verander? Wel, omtrent almal ervaar dat op een of ander tyd die ou langs jou “al die geluk het” en jy maar nie kan regkom nie. Dis vir tye soos hierdie dat ek ‘n paar tegnieke wil voorstel. Indien jy ervare is sal jy weet van ooggooi, en dan handel daarvolgens. Ek wil nie fokus op al die goed wat jy op die proef kan stel soos groter of kleiner hoekies, dalk langer stroppe, dieper of dalk vlakker lê, of sommer ‘n heel ander lyn nie. Hierdie keer wil ek wys op ander maniere van hengel wat, indien jy dit toepas jou sal laat jeuk om op die water te kom, want, “sê maar net!” Probeer is mos die beste geweer.

Dink net aan die volgende (dis nou net indien jy dit nie alreeds doen nie!). Al ooit daaraan gedink om jou onderste stroplyn laer te laat hang sodat die aas sommer ver onder die sinker is?  Indien jy wil hê dat die aas redelik laag moet hang, maar nie op die grond nie, en ook nie te hoog nie, sny hierdie lang strop in twee, gly ‘n ligte glysinkertjie in die lyn, knoop dan ‘n draaispil aan en heg dan jou afgesnyde lyn met die hoek daaraan. Indien dit nie werk nie, heg ‘n ligte proppie naby die hoek aan. ‘n Ander oorweging is om jou hoeke te verander na chemies skerpgemaakte sirkelhoeke. Ek self was nie baie gelukkig met die hoeke wat so gebuig is dat dit lyk of die goed gebreklik is nie. Dis ook nie hierdies wat ek in gedagte het nie. Maar dalk werk dit vir jou. Jy kan ook jou hoeke (almal van hulle) so bind dat die hoek losswaai in die knoop. Die aas wat dan baie beweeg in die water maak dit meer aanloklik vir die vis. Veral vir snoek werk dit goed.

Ek gebruik nie gereeld rekgare nie, maar indien jou aas nie wonderlik is nie, of die aasvretertjies raak lastig, kan dit tog handig inkom. Al ooit gedink aan hierdie stukkies plastiek wat jy aan jou lyn kan heg en ‘n blinkigheid in die water vertoon? Ek het ‘n maat wat hierdie “juweliersware” op al sy lyne gebruik  --  en hy vang baie vis. Soortgelyke goed word ook ín die aas geplaas. Of dit werk weet ek nie, maar ek gaan dit nog probeer. Wat van anysolie op die aas? 

Daar is nog baie sulke voorbeelde maar die spasie ontbreek. ‘n Laaste een  --  gebruik hiervoor net 3-hoek draaispille. Eers ‘n ligte glysinker, dan die eerste draaispil. Dan jou eerste stroplyn aan die een oog en jou lyn wat verder lei aan die ander oog. So entjie verder aan, die tweede draaispil, die lyn wat van bo af kom daaraan, die tweede stroplyn aan die volgende ogie en dan die lyn na die sinker aan die laaste ogie. Miskien werk dit, miskien nie!

Seemeeu

Probeer gerus iets anders

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Dive into our selection of available properties and find the perfect home that matches your lifestyle and preferences.

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Thanks to your support, all the adorable puppies in our photos have been adopted!

BARC Animal Welfare
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Exciting news! Belle Vous has just received a fresh batch of second-hand clothing and shoes.

Belle Vous
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Ready for an adrenaline-packed Thursday? 

See All Articles