Probeer gerus iets anders

Probeer gerus iets anders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is so dat jy kan redeneer, ek doen goed, so los my, hoekom moet ek verander? Wel, omtrent almal ervaar dat op een of ander tyd die ou langs jou “al die geluk het” en jy maar nie kan regkom nie. Dis vir tye soos hierdie dat ek ‘n paar tegnieke wil voorstel. Indien jy ervare is sal jy weet van ooggooi, en dan handel daarvolgens. Ek wil nie fokus op al die goed wat jy op die proef kan stel soos groter of kleiner hoekies, dalk langer stroppe, dieper of dalk vlakker lê, of sommer ‘n heel ander lyn nie. Hierdie keer wil ek wys op ander maniere van hengel wat, indien jy dit toepas jou sal laat jeuk om op die water te kom, want, “sê maar net!” Probeer is mos die beste geweer.

Dink net aan die volgende (dis nou net indien jy dit nie alreeds doen nie!). Al ooit daaraan gedink om jou onderste stroplyn laer te laat hang sodat die aas sommer ver onder die sinker is?  Indien jy wil hê dat die aas redelik laag moet hang, maar nie op die grond nie, en ook nie te hoog nie, sny hierdie lang strop in twee, gly ‘n ligte glysinkertjie in die lyn, knoop dan ‘n draaispil aan en heg dan jou afgesnyde lyn met die hoek daaraan. Indien dit nie werk nie, heg ‘n ligte proppie naby die hoek aan. ‘n Ander oorweging is om jou hoeke te verander na chemies skerpgemaakte sirkelhoeke. Ek self was nie baie gelukkig met die hoeke wat so gebuig is dat dit lyk of die goed gebreklik is nie. Dis ook nie hierdies wat ek in gedagte het nie. Maar dalk werk dit vir jou. Jy kan ook jou hoeke (almal van hulle) so bind dat die hoek losswaai in die knoop. Die aas wat dan baie beweeg in die water maak dit meer aanloklik vir die vis. Veral vir snoek werk dit goed.

Ek gebruik nie gereeld rekgare nie, maar indien jou aas nie wonderlik is nie, of die aasvretertjies raak lastig, kan dit tog handig inkom. Al ooit gedink aan hierdie stukkies plastiek wat jy aan jou lyn kan heg en ‘n blinkigheid in die water vertoon? Ek het ‘n maat wat hierdie “juweliersware” op al sy lyne gebruik  --  en hy vang baie vis. Soortgelyke goed word ook ín die aas geplaas. Of dit werk weet ek nie, maar ek gaan dit nog probeer. Wat van anysolie op die aas? 

Daar is nog baie sulke voorbeelde maar die spasie ontbreek. ‘n Laaste een  --  gebruik hiervoor net 3-hoek draaispille. Eers ‘n ligte glysinker, dan die eerste draaispil. Dan jou eerste stroplyn aan die een oog en jou lyn wat verder lei aan die ander oog. So entjie verder aan, die tweede draaispil, die lyn wat van bo af kom daaraan, die tweede stroplyn aan die volgende ogie en dan die lyn na die sinker aan die laaste ogie. Miskien werk dit, miskien nie!

Seemeeu

Probeer gerus iets anders

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles