Gholfnuus (22 Sep 2016)

Gholfnuus (22 Sep 2016)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die lente is hier en Gansbaai se gholfbaan is ‘n kleurespel van geel, pers en oranje blomme in die semi-rof wat strek so ver as wat die oog kan sien.

Gekombineer met pragtige skoonvelde en die beste setperke in die Kaap nooi dit lede en besoekers uit om hul beste gholf te gaan speel.

Uitslae

Woensdag se Sloegters-wenner was Sextus Neethling met 46 punte (bruto 78).  Tweede was Daniel van der Merwe met 43 (bruto 71), gevolg deur Jakkie Beukes 43, Charlie Bent 42 (bruto 71), Pierre Pieterse 40, Neil Harrison 40, Johann Kruger 39, Johan Coetzee 39, Lieb Louw 38 en George Hunt 38.

Naaste aan die penne was Daan Victor op no 2 en 11, Sextus Neethling op no 8 en 17 en Leon Lombard op no 15. 

Die langste set op putjie no 9 en 18 is gewen deur Jakkie Beukes. 

Spog Twee’s is aangeteken deur Daan Victor op no 2, Sextus Neethling op no 8 en 17 en Charlie Bent op no 17. 

It was a day thoroughly enjoyed by all present with lovely meat-prizes and a wors-braai supplied by Neil Harrison.

Nat weer pooitjie kompetisie

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is deur die koue en nat weer in die wiele gery en net 3 spelers was braaf genoeg om af te slaan.

Die wenner was Lieb Louw met 21 punte, gevolg deur Daniël van der Merwe 20 en Jakkie Beukes 16. 

Die klubbestuur is dankbaar vir Chris van Rensburg wat hierdie kompetisie  weekliks borg.

4BBB Stableford

Saterdag se kompetisie was ‘n 4BBB Stableford en die wenners was Leon Hattingh en Nic Louw met 50 punte, gevolg deur Gert Albertyn en Leon Hattingh 46, Daniël van der Merwe en Lieb Louw 43, Dawie Viljoen en Pierre Pieterse 43, Pieter Loubser en Daniël van der Merwe 42, Steve Muller en Etienne Engelbrecht 42. Naaste aan die penne was Lieb Louw op no 2 en 11 en Daniel van der Merwe op no 8 en 17 en no 15.  Nic Louw teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.

Hierdie Saterdag

‘n Enkel Stableford-kompetisie word hierdie Saterdag, 24 September 2016, gespeel.

Senior Liga 

Verlede Saterdag het die Senior Liga-span op Hermanus teen Devonvale gespeel en met 6-0 verloor. 

Die liga is in ‘n baie goeie gees gespeel. Die teenstanders was byna almal scratch spelers met die hoofdoel om ‘n heerlike dag op die gholfbaan te geniet.

Die manne het egter almal baie goed gedoen en hul teenstanders gehou tot op no 15. 

Die span wat bestaan het uit George Hunt (Kaptein), Jacques Nell, Andre Roos, Sextus Neethling, Johan Coetzee en Bev Swart, het hulle goed van hul taak gekwyt. Die volgende wedstryd vind plaas by De Salze op 8 Oktober 2016.

Regstelling: Die foto wat verlede week in Gansbaai Courant geplaas is, is dié van die Senior Ligaspan en nié die komiteelede nie.

Borgdag geskuif

Die Thorburn Security gholfdag is  na 5 November verskuif, as gevolg van die Senior Liga wat op 8 Oktober by De Salze gholf speel.

Geselligheid

Die klub se gewilde ‘Steak’ Aand vind op 30 September plaas en nooi alle belangstellendes uit na hierdie gesellige kuieraand.

Ria van der Merwe en haar span stel nooit teleur met hulle bykosse nie.

Johan Coetzee, 082-878-0534, gbgholf@gmail.com

Gholfnuus (22 Sep 2016)

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles