Gholfnuus (22 Sep 2016)

Gholfnuus (22 Sep 2016)

Gansbaai Courant

Die lente is hier en Gansbaai se gholfbaan is ‘n kleurespel van geel, pers en oranje blomme in die semi-rof wat strek so ver as wat die oog kan sien.

Gekombineer met pragtige skoonvelde en die beste setperke in die Kaap nooi dit lede en besoekers uit om hul beste gholf te gaan speel.

Uitslae

Woensdag se Sloegters-wenner was Sextus Neethling met 46 punte (bruto 78).  Tweede was Daniel van der Merwe met 43 (bruto 71), gevolg deur Jakkie Beukes 43, Charlie Bent 42 (bruto 71), Pierre Pieterse 40, Neil Harrison 40, Johann Kruger 39, Johan Coetzee 39, Lieb Louw 38 en George Hunt 38.

Naaste aan die penne was Daan Victor op no 2 en 11, Sextus Neethling op no 8 en 17 en Leon Lombard op no 15. 

Die langste set op putjie no 9 en 18 is gewen deur Jakkie Beukes. 

Spog Twee’s is aangeteken deur Daan Victor op no 2, Sextus Neethling op no 8 en 17 en Charlie Bent op no 17. 

It was a day thoroughly enjoyed by all present with lovely meat-prizes and a wors-braai supplied by Neil Harrison.

Nat weer pooitjie kompetisie

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is deur die koue en nat weer in die wiele gery en net 3 spelers was braaf genoeg om af te slaan.

Die wenner was Lieb Louw met 21 punte, gevolg deur Daniël van der Merwe 20 en Jakkie Beukes 16. 

Die klubbestuur is dankbaar vir Chris van Rensburg wat hierdie kompetisie  weekliks borg.

4BBB Stableford

Saterdag se kompetisie was ‘n 4BBB Stableford en die wenners was Leon Hattingh en Nic Louw met 50 punte, gevolg deur Gert Albertyn en Leon Hattingh 46, Daniël van der Merwe en Lieb Louw 43, Dawie Viljoen en Pierre Pieterse 43, Pieter Loubser en Daniël van der Merwe 42, Steve Muller en Etienne Engelbrecht 42. Naaste aan die penne was Lieb Louw op no 2 en 11 en Daniel van der Merwe op no 8 en 17 en no 15.  Nic Louw teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.

Hierdie Saterdag

‘n Enkel Stableford-kompetisie word hierdie Saterdag, 24 September 2016, gespeel.

Senior Liga 

Verlede Saterdag het die Senior Liga-span op Hermanus teen Devonvale gespeel en met 6-0 verloor. 

Die liga is in ‘n baie goeie gees gespeel. Die teenstanders was byna almal scratch spelers met die hoofdoel om ‘n heerlike dag op die gholfbaan te geniet.

Die manne het egter almal baie goed gedoen en hul teenstanders gehou tot op no 15. 

Die span wat bestaan het uit George Hunt (Kaptein), Jacques Nell, Andre Roos, Sextus Neethling, Johan Coetzee en Bev Swart, het hulle goed van hul taak gekwyt. Die volgende wedstryd vind plaas by De Salze op 8 Oktober 2016.

Regstelling: Die foto wat verlede week in Gansbaai Courant geplaas is, is dié van die Senior Ligaspan en nié die komiteelede nie.

Borgdag geskuif

Die Thorburn Security gholfdag is  na 5 November verskuif, as gevolg van die Senior Liga wat op 8 Oktober by De Salze gholf speel.

Geselligheid

Die klub se gewilde ‘Steak’ Aand vind op 30 September plaas en nooi alle belangstellendes uit na hierdie gesellige kuieraand.

Ria van der Merwe en haar span stel nooit teleur met hulle bykosse nie.

Johan Coetzee, 082-878-0534, gbgholf@gmail.com

Gholfnuus (22 Sep 2016)

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles