Gansbaai se Sakekamervoorsitter en sakevrou met ‘n restaurant by Danger Point, Julia Barlow het Saterdag gekwalifiseer om aan die 2017 Comrades Marathon deel te neem.
Hoewel haar bene Maandagaand tydens die dorp se sakekamervergadering steeds stram en seer was, is Julia baie tevrede met haar kwalifiserende tyd wat sy Sondag, 18 September 2016 by die Cape Town Marathon oor 42 km behaal het.
Die kwalifiserende tyd vir die Comrades Marathon is vyf ure en Julia het ‘n goeie wedloop gehardloop met ‘n tyd van vier ure en vyf en veertig minute.
Meer as agtduisend atlete het aan die wedloop deelgeneem.
Die bekende sportsterre Elana Meyer en Francois Pienaar, wat deel uitgemaak het van die wedloop-organiseerders, het kleur aan die dag verleen met hul deelname.
Julia is ywerig aan die oefen vir haar derde Comrades-wedloop. Sy het in 2007 haar eerste Comrades voltooi en vanjaar, ter viering van haar sestigste verjaardig, haar tweede.
In beide wedlope het sy ‘n brons medalje huis toe gebring.