Kunstenaars vier die lewe

Kunstenaars  vier die lewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Sondagmiddag-konsert met plaaslike musikante en dansers is in die White Shark Disco gehou om fondse in te samel vir die enorme uitgawes wat gepaard gaan met die lewe van ‘n gestremde persoon.

Die konsert, ten bate van Calvin Olivier het sowat veertig gaste opgelewer.

Lofdanse onder leiding van Lynette van Wyk, ‘n ballerina van ouds, het die verrigtinge ingelei.

Haar mededansers was Elche van Wyk, Blanché Steynberg en Mitchell Temmers.

Micaela Loubser op die fluit, is begelei deur Cassia Mildner en het die gehoor verras met hulle uitmuntende talent.

Bea Whittaker, ‘n sopraan van Stanford is deur Marjaan van Tonder op die klawerbord begelei. Bea se suiwer stem sal hopelik nog male sonder tal op Gansbaai-bodem gehoor word.

Marjaan het ook solo-stukke gespeel en het met bravura verwerkings en optredes vorendag gekom met onder andere Fantasie Espãnol, Libertango en vertolkings van bekende film-temas.

Op ligter noot het Dirk en Eva Buchner met ou bekende liedjies ingeval, begelei deur Dirk op die kitaar.

Meer konserte soos die sal beslis ‘n aanwins wees vir Gansbaai. Tydens ‘n kort gesprek met Calvin, was hy verheug dat hy reeds albei sy arms kan oplig.  Hy sal binnekort ‘n operasie ondergaan aan albei hande en hoop om die gebruik daarvan terug te kry.

Marjaan van Tonder, wat die konsert gereël het, het teen ons ter perse gaan laat weet dat ‘n bedrag van R8 000 ingesamel is tydens die konsert.

Persone wat nog bydraes wil maak kan direkte deposito’s maak: D Olivier/C Olivier – ABSA – Rekeningnommer: 931 821 4534 – Takkode: 632 005 met verwysingsnommer: U naam.

Kunstenaars  vier die lewe

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles