Sypaadjies is vir voetgangers

Sypaadjies is vir voetgangers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overstrand Munisipaliteit waarsku begeesterde tuiniers dat sypaadjies vir voetgangers bedoel is - nie vir tuinmaak nie.

Die munisipaliteit het groot waardering vir die geesdrif waarmee huiseienaars help om die dorpe te verfraai deur onder andere sypaadjies te verfraai. Terselfdertyd kom die vermaning dat ‘sypaadjies’ inderwaarheid ‘n padreserwe is.

Wetgewing bepaal dat die 1,5 meter rand voor inwoners se erwe, aan die Munisipaliteit behoort en vir gebruik deur alle vorms van openbare vervoer gereserveer is - in die geval van residensiële areas, meesal voetverkeer en ook rolstoele en kinderstootwaentjies.

Die lane en strate in die meeste van Overstrand se dorpe is net-net wyd genoeg vir tweerigting verkeer. Indien ‘n motoris moet uitswaai en deur ‘n netjiese ‘sypaadjie-tuin’ ry, sal die huiseienaar vir die skade, ook aan die voertuig, verantwoordelik wees. ‘n Groter gevaar bestaan indien daar beserings of dood uit ‘n ongeluk sou voortspruit.

Munisipale amptenare gaan binne die volgende maand of twee begin deur waarskuwings aan huiseienaars uit te reik wat munisipale beleid op die administrasie van onroerende eiendom, asook verordeninge insake strate, openbare plekke en die voorkoming van openbare oorlaste oortree, namate hierdie oortredings verband hou met die oorskryding van sypaadjies.

‘n Redelike tydperk sal as vergunning toegestaan word om die saak reg te stel, waarna opvolginspeksies uitgevoer sal word. Die verontagsaming van die waarskuwings sal die instel van geregtelike stappe tot gevolg hê.

Die verordeninge geld ook vir bourommel, meng van sement of tuinafval op sypaadjies.

Vir duidelikheid oor wat toegelaat word en wat nie, kan Overstrand se Policy on the Administration of Immovable Property via www.overstrand. gov.za afgelaai word.

Paragrawe 63 en 64, Projections, Projecting Structures and Encroachments, is van toepassing.

Die naaste munisipale kantoor kan ook vir afskrifte van die beleid gevra word.

Sypaadjies is vir voetgangers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles