Overberg Hoër wysig vakkeuses

Overberg Hoër wysig vakkeuses

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hoërskool Overberg probeer om in pas te bly met veranderende tye en daar is op gewysigde vakkeuses vir 2017 besluit, wat Gansbaai leerders ook sal raak.

‘n Nuwe vak, Landboutegnologie, wat relevant vir die area is, sal  vanaf 2017 aangebied word.

Duits en Meganiese Tegnologie sal volgende jaar vir die laaste matriekklas aangebied word, waarna dit gestaak sal word.

Die skoolhoof, mnr. Eddie Labuschagne, sê vir Duits is dit ‘n baie lang pad aan Hoërskool Overberg wat ten einde loop. “So ver as wat ons kon vasstel, is Duits vanaf ongeveer 1950 aangebied en is as ‘n kernvak vir universiteitstoelating gesien.” Landboutegnologie sal saam met die meer teoretiese Landbouwetenskap deur leerders geneem kan word, met die fokus op die praktiese deel.

Twee onderwysers, wat onder andere by die uitfaserende vakke betrokke is, me. Sonica Louw (Duits) en mnr. Grant Murdoch (Meganiese Tegnologie),  beskik  oor jarelange   ervaring.

Me. Louw is sedert 1976 aan die hoërskool as Duits-, Geskiedenis- en Afrikaanse onderwyseres verbonde.

Mnr. Murdoch is vanaf 2001 by Ovies en het Motorwerktuigkunde as vak infaseer.

Vir duidelikheid oor die nuwe vak, Landboutegnologie, sal mnr. Albert van Zyl, hoofspesialis van die vak Landbou in die Wes-Kaap, Donderdag, 29 September 2016 om 10:00 by die graad 9 klasse wees om hulle in te lig oor presies wat hulle van die nuwe vak kan verwag.

Ouers wat belangstel, is ook welkom om te kom luister.

Overberg Hoër wysig vakkeuses

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles