Fynbos-massas 'n fees vir die oog

Fynbos-massas 'n fees vir die oog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Besoekersboek vol inskrywings wat spreek van lof en dankbaarheid – dit is waarmee die ses vroue wat verantwoordelik was vir die Fynbos- uitstalling by Groeneweide na afloop van die Funky Fynbos Fees, kan spog.

Inteendeel, Sylvie Agenbach wat aan die stuur van die grootse projek gestaan het, moes gaan blaaie leen, omdat die besoekersboek vol was.

Sylvie het reeds in Augustus begin om die drie pikkewyne te maak wat jaarliks deel is van die projek.

Twee weke gelede het haar vyf helpers, waaronder die fynboskenner Aletta Groenewald, begin om die plantmateriaal bymekaar te maak.

Dit is harde werk, want fynbos is beslis meer “bos” as “fyn” op die plukker se hand.

Daar was komiese oomblikke so tussen die plukkery deur, soos Diana Nortman, wat gewys het hoe vinnig ‘n mens uit ‘n bos in ‘n pad in kan spring as daar ‘n spinnekop tussen die plante bespeur word.

Die ander fynboshelpers was Emsie Joubert, Linda en Carel Meyer en Lenie Bezuidenhout.

Sylvie vertel dat daar besonder baie buitelandse besoekers was.

Sy rig ook ‘n groepie  van sowat twaalf dansers af – almal Blompark-kinders wat spontaan en heeltemal gratis by haar weekklas in die saaltjie langs die kerk kom aansluit het.

Hulle het tydens die fees in die tent, buite die tent en in die Groeneweide Restaurant gedans. 

Hulle Kaapse Klopse en Whaka-whaka dansstyl het die besoekers se harte warm laat klop vir hierdie sielvolle dansers.

Academia se Marimba Band het feesgangers ook in hul spore laat stilstaan. Dat ons gemeenskap oorloop van talent, is gewis.

Tagtig koorlede van die Beaumont Skool in Somerset-Wes, het deel uitgemaak van Saterdagoggend se luisterryke program by Groeneweide.

Fynbos-massas 'n fees vir die oog

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles