Fynbos-massas 'n fees vir die oog

Fynbos-massas 'n fees vir die oog

Gansbaai Courant

‘n Besoekersboek vol inskrywings wat spreek van lof en dankbaarheid – dit is waarmee die ses vroue wat verantwoordelik was vir die Fynbos- uitstalling by Groeneweide na afloop van die Funky Fynbos Fees, kan spog.

Inteendeel, Sylvie Agenbach wat aan die stuur van die grootse projek gestaan het, moes gaan blaaie leen, omdat die besoekersboek vol was.

Sylvie het reeds in Augustus begin om die drie pikkewyne te maak wat jaarliks deel is van die projek.

Twee weke gelede het haar vyf helpers, waaronder die fynboskenner Aletta Groenewald, begin om die plantmateriaal bymekaar te maak.

Dit is harde werk, want fynbos is beslis meer “bos” as “fyn” op die plukker se hand.

Daar was komiese oomblikke so tussen die plukkery deur, soos Diana Nortman, wat gewys het hoe vinnig ‘n mens uit ‘n bos in ‘n pad in kan spring as daar ‘n spinnekop tussen die plante bespeur word.

Die ander fynboshelpers was Emsie Joubert, Linda en Carel Meyer en Lenie Bezuidenhout.

Sylvie vertel dat daar besonder baie buitelandse besoekers was.

Sy rig ook ‘n groepie  van sowat twaalf dansers af – almal Blompark-kinders wat spontaan en heeltemal gratis by haar weekklas in die saaltjie langs die kerk kom aansluit het.

Hulle het tydens die fees in die tent, buite die tent en in die Groeneweide Restaurant gedans. 

Hulle Kaapse Klopse en Whaka-whaka dansstyl het die besoekers se harte warm laat klop vir hierdie sielvolle dansers.

Academia se Marimba Band het feesgangers ook in hul spore laat stilstaan. Dat ons gemeenskap oorloop van talent, is gewis.

Tagtig koorlede van die Beaumont Skool in Somerset-Wes, het deel uitgemaak van Saterdagoggend se luisterryke program by Groeneweide.

Fynbos-massas 'n fees vir die oog

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles