Laerskool Gansbaai se leerders, wat as wenners uit die Wes-Kaapse Onderwys Kring 2 se WOW Spelkompetisie in Hermanus getree het, se medaljes is eers weke na die kompetisie afgelewer.
Op die foto oorhandig die skoolhoof, mnr. Eben van der Merwe dit aan die trotse groepie.
Agter van links Carla Oosthuizen (Gr 3), Jay-Andra Pieters (Gr 6), Nevellia October (Gr 5) en mnr. Eben van der Merwe.
Voor van links Anke Oosthuizen (Gr 1), Stefan Stieger (Gr 2) en Lara Strydom (Gr 4).