BARC honde blaf opgewonde

BARC honde blaf opgewonde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die opgewonde en luidrugtige geblaf van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) van Gansbaai se honde tydens ‘n besoek aan hul hokke, kan dalk iets te make hê met ‘n suksesvolle potjiekoskompetisie wat ten bate van BARC gehou is op Saterdag, 24 September 2016 by Seaview Hotel.

‘n Verskeidenheid van interessante potjies is ingeskryf met goeie pryse soos die haaiduikprys van Great White Shark Tours. Willem Stevens was die gelukkige wenner hiervan.

Die opveil van ‘n koek, ‘n potjie en ‘n speenvark het verder tot die mooi bedrag van R4,000 bygedra. Die bod is op Charl en Madelene Tredoux toegeslaan.

Die kersie op die koek was sekerlik die “Koue Pot” van Casper Niemand: ‘n Driepootpot gevul met ys, en onder in die pot - Witblits!

Annalie Jonker van BARC het haar opregte waardering vir die suksesvolle dag uitgespreek.

Tans is die vervanging van BARC se bakkie, waarsonder hulle nie kan funksioneer nie, ‘n prioriteit.

Annalie herinner inwoners net weer om BARC se tweedehandse winkel te ondersteun.  Die vrywillige skenkings van gebruikte ware is ‘n groot bron van inkomste. 

Hulle het ook ‘n groot behoefte aan kattekos. Diereliefhebbers kan ook maandelikse aftrekorders ten bate van BARC voltooi.

Met die ter perse gaan van hierdie berig word daar twaalf volwasse honde en dertien babahondjies gehuisves, asook ses volwasse katte met nege kleintjies.

Vir navrae kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

BARC honde blaf opgewonde

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles