Grootste groep nóg by wynproe

Grootste groep nóg by wynproe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde, die mees suidelike wynproegilde in die land, is agt jaar gelede op Dinsdag, 11 November 2008 deur  wyle  Helmie de Vries gestig.

Helmie het as voorsitter tot en met sy afsterwe 16 Julie 2014 gedien en Gansbaai Wynproegilde het gedurende sy termyn van krag tot krag gegroei.

‘n Rekordgetal gaste het die maandbyeenkoms op 23 September 2016 by die gewilde Great White House in Kleinbaai bygewoon.

Nie minder nie as vyftig wynliefhebbers het die aand onder voorsitterskap van Theuns Roodman bygewoon.

Saxenburg Wyne van Kuilsrivier was op die wynproelys en hul skakelbeampte, Lientjie Venter het die aanbieding behartig.

Lientjie se ma, Marie de Jager, woon in De Kelders en dit was vir ma en dogter ‘n besonder spesiale geleentheid.

Saxenburg se ontstaan dateer meer as twee dekades terug toe goewerneur Simon van der Stel die plaas aan ‘n Vryburger van Duitsland, Joachim Sax, toegeken het.  Sedertdien het dit ‘n familieplaas gebly, met die Bührer-familie steeds aan die stuur van sake en twee van die kinders, Fiona en Vincent Bührer, as bestuurders.

Lientjie se verwelkomingswyn was ‘n versnit van Chenin Blanc en gehoute Viognier met ‘n intense tropiese geur.

Die volgende wyne van Saxenburg se private versameling is aangebied, met die gaste se toekennings in hakies: Sauvignon Blanc 2016 (sterk silwer); Merlot 2011 (sterk silwer); Shiraz 2014 Shiraz (goud).

Nog wyne wat op die proe-tafel beskikbaar was, is ‘n versnit van Cabernet, Merlot en Shiraz, asook Saxenburg se Private Collections van Chardonnay, Pinotage en Cabernet Sauvignon.

Die Great White House se sjef, Chris Pead, het die gaste weer eens aan die praat gehad met sy spyskaart.

Die hoofgereg was geurige  Thai-hoender in komkommerbakkies gekomplimenteer met ‘n suurlemoenknoffel krulkoolslaai. Dit is opgevolg met Springbok in filobakkies met ‘n rooibos-appelkoos verrassing saam met geroosterde groente.  Die geleentheid is afgesluit met piesangkaramelpoeding en roomys.

Voorwaar ‘n smaaksensasie vir die fynproewer.

Navrae aangaande Gansbaai Wynproegilde kan aan Amanda de Vries gerig word by 028-388-0708 of 082-577-6920 of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za

Grootste groep nóg by wynproe

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles