Die doen-dit-self bloed vloei dik deur hul are

Die doen-dit-self bloed vloei dik deur hul are

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een en vyftig jaar nadat sy ouers hulle hardeware en boumateriaal onderneming in Groblersdal oopgemaak het, het Kobus van Staden en sy vrou Lettie, verlede Vrydag, 30 September 2016, amptelik die deure van hul nuwe onderneming, Omega Verf en Hardeware in Gansbaai oopgestoot. Die boulyn en doen-dit-self-bloed vloei dik deur die are van die Van Stadens van Omega.

Kobus en Lettie het sestien jaar gelede met vier van hulle vyf kinders vanaf Groblersdal na Gansbaai verhuis en die besigheid Fibre & Glass oorgeneem wat glasvesel garagedeure vervaardig het en glas installasies gedoen het. Kobus het die veselglasbedryf uitgebrei na die vervaardiging van tenks en bakke vir die perlemoenbedryf. Hy het ook al ‘n paar pikkewynhuise gemaak vir die Dyer Island Bewaringsprojek. Omega Verf en Hardeware is Vrydag luisterryk geopen na weke se harde werk om die perseel in orde te kry.

Kobus se ma, Lida van Staden, vergesel van sy oudste suster, Riette by wie sy in Pretoria woon, het die lintknipseremonie hanteer.

Die 89-jarige wyse, gryse moeder, was ‘n voorslag in hul familie onderneming in Groblersdal.  Sy het aanvanklik hul besigheid, Los-kop Verf en Hardeware alleen saam met haar man hanteer, maar dit het gegroei tot ‘n enorme besigheid, wat in 1985 die eerste franchise Mica-winkels in die binneland geword het.Kobus en sy broer, Lukas was albei direkteure van die bekende Mica-groep.

Kobus se pa Tienie, is intussen oorlede.  ‘n Foto, ter herinnering van hul hardwerkende, vindingryke en suksesvolle pa, hang trots in Kobus se kantoor. Sy pa het altyd gesê dat ‘n man wat met sy hande kan werk, nooit honger sal ly nie.

Kobus nooi almal om deel uit te maak van Omega se databasis.  Sy oogmerk is om sodoende ook werk te skep vir bestaande verwers, teellêers en verwante ambagsmanne.

Gaan gee dus u naam op, gaan loer in en bespreek u spesifieke hardewarebehoeftes met Omega se uitmuntende span werksmense.

Riaan van Staden, reeds ‘n bekende gesig in hierdie bedryf, het hom vandeesmaand  weer by die onderneming aangesluit.

Besoekers aan Omega kan dus verseker wees dat hulle met kundige advies bedien sal word.

Hulle is geleë in Industriesingel 38 en is verbonde aan die EST Africa Hardware groep, wat op die oomblik die derde grootste hardewaregroep in Suid-Afrika vir onafhanklike handelaars is.

Die doen-dit-self bloed vloei dik deur hul are

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles