Pearly kry 'n 'Coffee Lounge'

Pearly kry 'n 'Coffee Lounge'

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pearly Beach se eie “Coffee Lounge”, met die fokus op plaaslike verskaffers en kunstenaars, van Willie en Tertia Groenewald is Saterdag, 1 Oktober 2016 bekendgestel. Gaste en kunstenaars kon die kunswerke in die “Coffee Lounge”, Groenewald Photo & Art, tydens die geleentheid besigtig en ook gesellig saam verkeer.

Enkele plaaslike kunstenaars het van hul kunswerke ten toon gestel.

Onder die genooide gaste was Radio Overberg (101.8) se omroepers, Pot Louw en Letty-Anne Möller. Pot, wat ook ‘n musikant is, het die gaste met ‘n verskeidenheid van sangitems vermaak.

“My hoofdoel met die Coffee Lounge is om ruimte vir plaaslike kunstenaars en verskaffers se uitstallings te skep, waartydens daar op ‘n gesellige wyse ook saam gekuier kan word, en wanneer nodig, sal gaskunstenaars gereeld genooi word om op te tree,” het Willie gesê.

Willie het na kunstenaars soos skilders, fotograwe, beeldhouers, die wynbedryf in die omgewing en andere verwys. Hyself is by Radio Overberg betrokke en is ook ‘n professionele fotograaf.

Willie beplan ook om piekniekmandjies met plaaslike produkte te bemark, soos Oudemeul se broodrolletjies en brode, Kleinrivier se kaasprodukte, Strandveld se wyne, slaghuise se biltong en andere.

“Pearly Beach se Coffee Lounge moet ‘n aangename kuierplek-omgewing skep, met goeie koffie, tee en ligte verversings,” het Willie gesê.

Hardus Botha

Pearly kry 'n 'Coffee Lounge'

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles