Hoe hanteer jy 'n haai

Hoe hanteer jy 'n haai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

So ‘n paar jaar gelede my eerste ontmoeting met ‘n haai gehad --  ons het geanker reg voor De Kelders, drie van ons in ‘n klein rubberbootjie, reg langs die bamboes.

Vir ‘n oomblik het ek gedink die bamboes beweeg.

Toe ervaar ek ‘n skok wat my bene lam laat. ‘n Haai beweeg reg langs die boot verby. Hy’s baie breed en baie, baie groot.

Ek het dadelik my twee maats aangeraai om  absoluut stil te sit, probeer om nie eens asem te haal nie, en hulle lyne in die water te hou. Die haai het al om ons beweeg, dit het selfs gelyk asof hy teen die boot skuur. Baie grasieus, maar uiters skrikwekkend. Ons het almal geskok gewag vir die aanval. Toe verdwyn hy - of so het ek gedink.

Ons het vinnig anker opgetrek en verder gaan lê. Hy moes ons egter gevolg het en het weer om die boot beweeg en later selfs een van ons ase afgevat  --  gelukkig het die lyn gebreek. Dis toe ek besluit, liewer huis toe!

Intussen, met die gereeld see toe gaan, het ek gewoond geraak om besoek te kry van verskillende soorte haaie. Ek het ook ‘n skiboot aangeskaf, heelwat groter as die rubberboot van destyds. Dit help nogal as haai se kind so onverwags sy verskyning maak.

Ek weet dit gaan tog nie soveel help nie, maar dit troos darem.

My reaksie is steeds en my raad aan die wat wil weet, om nie die haai se aandag te trek nie en jou lyne uit die water te hou, of dan nie daaraan te karring nie. Moet ook nie enige lokaas in die water gooi met die haai in sig nie.

In ander woorde, moet in geen omstandighede sy aandag probeer trek nie. As jy dink dís pret weet ek nie of jy later van plan sal kan verander nie!

My manier van die saak hanteer het sover gesorg dat die haaie belangstelling verloor en dan padgee. Ek is gelukkig daarmee.

Nou onlangs nog het een van die ou grotes ook ‘n paar keer om die boot gesirkel en toe aan die skroef “geproe”, ons almal sopnat gespat met een of ander aksie en dankie tog, net daarna die aftog geblaas.

Met ‘n aankomende walvis kan jy jou motors aan die gang kry om hom van rigting te laat  verander, maar moet dit nie met haaie probeer nie.

Is dit hoe ‘n haai hanteer moet word?

Ek weet nie, maar dit werk (sover) vir my! Weer eens, my opinie: los hom uit en toon respek. Bly bewegingloos en laat hom belangstelling in jou verloor. Moet om hemelsnaam nie probeer “vriende” maak nie Die kans is dat jy wreed ontnugter kan word. 

Die mense wat met hierdie diere werk doen dit op ‘n ander basis.

So, indien jy haaie bewonder en jy vind dit selfs opwindend wanneer jy besoek word deur hulle, wees altyd versigtig en wees verstandig en jy sal hopelik in die toekoms steeds met ‘n geruste hart kan doen wat jy graag wil doen  --  jou bootrit geniet. 

Groete, Seemeeu

Hoe hanteer jy 'n haai

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles