Birkenhead Kraai Koning van Baai

Birkenhead Kraai Koning van Baai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Oktobermaand is ingewy met strawwe kompetisie tussen Birkenhead (BBK), Overberg (OBK) en Walkerbaai (WBK) hengelklubs.

Die gesogte, jaarlikse King of the Bay Boothengelkompetisie is Saterdag, 1 Oktober 2016 aangebied.

Die gasheerklub, Birkenhead  kon Saterdagaand ‘n naelskraapoorwining vier.

Hengelaars ding veral mee om die gesogte King of the Bay wisseltrofee in te palm, maar die aanloklike pryse wat gewen kan word, lok beslis die hengelaars vroegoggend see toe.

Die uitslae is soos volg:

Die gemiddeld van bootmassas van die drie klubs het die wenners bepaal: Eerste BBK met 5.68kg; tweede OBK met 5.3425kg; derde WBK met 4.7kg - met naelbyt verskille in kilogram.

Die drie klubs het elk vier bote ingeweeg, wat die onderlinge kompetisie dus redelik gelykop laat plaasvind het.

Individuele uitslae is soos volg: Swaarste vis (BBK) - JP Uys (geelbek 5.45kg); tweede swaarste vis (BBK) - Danie Fourie (geelbek 5.05kg); swaarste sak (BBK) - Hennie Groenewald (14.40); tweede swaarste sak (BBK) - JP Uys (13.65kg); swaarste boot (BBK) - Ben Uys op Oupa (13.60kg); tweede swaarste boot (OBK) - Mark Truter op Cavalier (8.72kg); Junior swaarste sak (BBK) - Hennie Groenewald (14.49kg).

“Die eerste skuitdag ná ‘n paar dae van sterk water en Noordweste  winde het soos verwag, goeie  geelbek vangste opgelewer en dit was goed om die manne met groot glimlagte en ‘n geskerts skaal toe te sien stap,” het Philip Fourie, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub gesê.

Wisseltrofee oorsprong:

Die Bestuur van die Birkenhead Bootklub het vroeg in 2014 besluit om jaarliks ‘n ‘King of the Bay’ Boothengelkompetisie aan te bied.

Die gedagte was om ‘n prestige wisseltrofee te ontwerp en dat die drie bootklubs rondom Walkerbaai jaarliks om die trofee moet wedywer, maar ook vir onderlinge samesyn.

Philip en Lorraine Fourie is deur die Cape Horn gedenkteken se ontwerp, wat ‘n Albatros uitbeeld, geïnspireer. Daar is toe besluit om ‘n trofee wat ‘n Malgas (Gannet) vertoon, te ontwerp en as Wisseltrofee vir die King of the Bay Boothengelkompetisie beskikbaar te stel.

Birkenhead Kraai Koning van Baai

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles