Dan en Wan hou skaapkopete

Dan en Wan hou skaapkopete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eet van skaapkoppe, 15 daarvan, het op Maandag, 10 Oktober 2016 hoogty in Franskraal gevier na afloop van die klub, Dan-en-Wan se 9-putjie gholfdag in Hermanus.

Die gasheer vir die skaapkopete was Abie Smith van Franskraal en, alhoewel almal nie vir ‘n skaapkop te vinde was nie, het die vrolike groep gesellig onder die ruie bome op Abie se erf gekuier.

Johan Hamilton, organiseerder van die klub, sê Dan-en-Wan beteken letterlik af en toe of nie af en toe nie - alles hang af van wat die groep afgetredenes wil of nie wil doen nie.

Die stigting van die groep, sowat dertien jaar gelede, se oorsprong is in Hermanus waar ‘n groep afgetredenes vanuit ‘n wye spektrum in  die sakelui besluit het hulle wil mekaar ondersteun met hul gholfspel.

Die aanvanklike bedoeling van die klub het uitgebrei en nou reël hulle gereeld verskillende uitstappies waarby hul vrouens ook betrek word, “aangesien dit ook belangrik is vir kameraadskap, gesellige samesyn en om mekaar beter te leer ken,” het Johan gesê.

Die groep het Johan genader om hulle te help om ‘n goeie atmosfeer te skep. Sy voorstel was die stigting van die Dan-en-Wan klub. Hulle wou met ‘n jaarlikse afvalpotjie begin om bymekaar te kom, maar met die uitstekende fasiliteite by Abie se huis in Franskraal, is daar op skaapkopetes besluit, wat vanjaar vir die tiende keer gereël is.

Die klub fokus ook op onderlinge kommunikasie, aangesien daar vier Duitsers, drie Engelse en een Switser in hul geledere is.

Dan en Wan hou skaapkopete

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles