Plaasvroue vat hande in droogtetye

Plaasvroue vat hande in droogtetye

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sowat twee maande gelede is The Farmlady’s Shed se deure stil-stil by die Barn House sentrum oopgestoot. Hierdie netjiese dekor-cum-koffiewinkel het reeds ‘n gewilde kuierplek vir veral ons dorp se vroue geword.

Die spreekwoord sê dat jy nie ‘n persoon op sy baadjie moet takseer nie. Die eienares, Tiekie van Biljon is ‘n toonbeeld  van vroulikheid.

Jy sou nooit sê dat sy 16 jaar lank ‘n boervrou – ja, boervrou – nie ‘n boer se vrou nie - in die Kimberley-omgewing was nie.  Sy het met beeste, boerbokke en wild geboer.

Haar man Hannes, is as fnansiële direkteur in Bredasdorp by die Kaap Agulhas Munisipaliteit aangestel en die egpaar het besluit dat ‘n pendelhuwelik glad nie vir hulle gaan werk nie.

Tiekie het huisvrou geword in hulle Franskraal vakansiehuis, maar hierdie werf was veels te klein vir die Kimberley-boervrou.

Soos wat almal weet, knou die droogte landwyd en soos wat ‘n boervrou nou maar is, het Tiekie se vindingryke boervrouvriendinne begin planne maak om hul mans finansieel by te staan.  Die boervrouens het koppe bymekaar gesit en vandag is Tiekie se Farmlady’s Shed die afsetpunt vir haar vriendinne se kreatiewe handwerk. Tiekie se dekorwinkel spog met handgemaakte leerartikels soos wat min mense nog gesien het, kwaliteit sierkussings, allerlei naaldwerk en kunswerke deur Karien van Vuuren, Nicky Blignaut en Maria M.

Vars gebakte kleinkoekies en beskuit van die plaas af en allerlei ingemaakte produkte, maak Tiekie se winkel ‘n gewilde stopplek.

Tiekie is ‘n voorslag met vleisgeregte en vertel dat die kaaskoek ‘n “moet” is om te proe.

Sy en haar regterhand, Christine Jefferies, maak ook deesdae snoepborde op bestelling.

Hierdie “boervrouskuur” is beslis ‘n besoek werd.

Plaasvroue vat hande in droogtetye

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles