Egpaar veg teen brand met tuinslang

Egpaar veg teen brand met tuinslang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bure van Hendrick en Natasha Bodensteyn van Franskraal Karavaanpark, wie se huis Dinsdag, 27 September 2016 tot as verbrand het, JJ (Cobus) en June Malan, vertel dat hulle bykans die hele nag buite spandeer het om verdere skade aan hul eie huis te voorkom.

Gansbaai Courant (Donderdag, 6 Oktober 2016) het berig van Hendrick en Natasha Bodensteyn se huis in Franskraal Karavaanpark wat tot as verbrand het.

Die egpaar en hul drie kinders, De Wet (11), Nathen (1½) en Henco (5 maande), wat nie tydens die brand tuis was nie, het net die klere aan hul liggame oorgehad.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie. Hendrick het gesê dit gaan beter onder omstandighede en dat hulle graag hul opregte dank en waardering teenoor almal wat behulpsaam was en hulle ondersteun het, wil oordra.

Twee persone wat nie oor die hoof gesien kan word nie, is JJ en June Malan. Die egpaar het die brandweer ontbied, maar intussen het hulle vir etlike ure met ‘n tuinslang in die reën probeer doen wat hulle kon.

Hulle eie huis het ook ernstige skade opgedoen, soos gebrande balke, elf gebarste ruite, swart-gebrande mure, kantgordyne en gesmelte TV-drade.

“Ek het in die reën hek toe gestap om die brandweer te laat inkom en verder was ons die hele tyd buite met die tuinslang in die reën besig,” vertel JJ. “Selfs die volgende dag moes ons nog toesien dat die smeulende as nie weer vlamvat nie.”

JJ sê hy het ook in die reën gesukkel om die groot gasbottel weg te rol om te verhoed dat dit ontplof, wat inflamasie in sy rug tot gevolg gehad het.

‘n Groot dankie is aan hulle verkuldig vir hulle omgee en besorgdheid.

Egpaar veg teen brand met tuinslang

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles