Kayla Radyn van Overberg Hoërskool in Caledon het uitstekend tydens die Tulbagh Skou gevaar:
Ruiterkuns (eerste plek); Driegang Ryperd (eerste plek); Groot WP Vriesperd driegang Kampioenskap (vierde plek).
Kayla het ook gedurende September drie proewe vir die WP Saalperd Ruiterkuns by Tulbagh Skou, Moorreesburg Skou en Robertson Skou gery. Die punte van die drie toetse word bymekaar getel en die beste agt word vir die Westelike Provinsie span gekies, waarvan Kayla een is. Hulle sal vroeg in 2017 vir die Proteaspan teen mekaar deelneem.