Maak jou dag op see die moeite werd

Maak jou dag op see die moeite werd

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons het reeds vantevore die kwessie van ‘n goeie skipper en sy vaste bemanning bespreek. Hierdie keer kom “crew” aan die beurt wat nie noodwendig gereeld see toe gaan nie.

Baie van die vereistes oorvleuel natuurlik, maar ek gaan konsentreer op die goed wat ‘n skipper na sal  oplet en so ‘n bemanningslid dan ook meer sal waardeer. Kom ons lys so ’n paar items:

Waar jy ookal op die boot jou sitplek kry, hou altyd die motors dop om te sien of  die watersirkulasie genoegsaam is.

Dis ook wys om na enige ander ongerymdhede, soos byvoorbeeld, oortollige water in die boot, op te let.

In beide hierdie gevalle sal dit in orde wees om so gou moontlik alarm te maak en jou aandele, kan jy seker van wees, sal baie styg.

Wees bereid om te help met die anker se trek en maak die area om jou gereeld skoon (dít veral behoort jou skipper te beïndruk!). Trek ook dadelik jou lyne op wanneer jy so gevra word. Dit is nou met die “up lines”-versoek. Wees bereid om kennis te deel en te ontvang. Die ander manne sal dit nogal waardeer indien die vis by jou byt en jy hulle verwittig hoe diep jy lê en sommer ook watter aas jy gebruik. Jy gaan hulle meer beïndruk deur hierdie aksie wanneer jy alleen “gelukkig” is as om daaroor te wil spog oor hoe goed jy nou eintlik vaar!

Onthou met hengel is daar altyd iets nuuts te leer al is jy nou hoe jonk of hoe oud. Die kanse is heel waarskynlik dat dit eenrigtingverkeer gaan wees met ‘n hardebaard wat sy ding ken, maar hierdie manne weet dat daar altyd iets nuut is, al leer hy net hoe om dit níé te doen nie. 

Gewoonlik word die vis wat gevang word nie sommer op die boot se dek gelaat nie. Vra gerus die ander manne wat die prosedure is.

Hou ook by die skipper se bepaling sover dit kwotas aangaan.

Indien jy hou van wat jy ervaar, die dag geniet en “jel” met die ander manne, en natuurlik dit so verkies, is jou kanse daar om as een van die gereelde bemanning aanvaar te word.

In so ‘n geval is daar nog ‘n klomp goed wat vir jou in die prentjie kom. Die bogenoemde is nie iets waarvoor jy uitgesonder word nie, almal, ook die skipper, moet aanpas.  Sodoende, is die dag saam baie aangenaam.

Groete, Seemeeu

Maak jou dag op see die moeite werd

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles