Pearly-susters wreed aangeval in huis

Pearly-susters wreed aangeval in huis

Gansbaai Courant

Twee susters, Linda Lensley (59) en Rina le Grange (64) is gedurende die vroeë oggendure van Maandag, 17 Oktober 2016 op ‘n  wreedaardige wyse in Pearly Beach tydens ‘n inbraak beroof en aangerand.

Inbrekers het ‘n veiligheidshek oopforseer en by die braaikamer van die huis ingegaan, waar die een ‘n graaf en die ander een ‘n braaitang gekry het.

Die susters het in een van die strandhuisies van Pearly Beach Vakansieoord aan die seekant, beter bekend as “Die Bungalows”, vakansie gehou.

Hulle het geslaap en het van ‘n harde geluid wakker geword. Linda het ondersoek gaan instel toe sy sien die veiligheidsdeur is oop. Sy wou dit gaan toemaak toe ‘n man haar met ’n graaf  teen haar kop geslaan het.

Dit was ‘n baie harde hou wat ligte bloeding op die brein, asook skedelbreuk veroorsaak het.  Die inbreker het haar geskop terwyl sy op die vloer gelê het.

Die dokter aan diens het gesê indien die hou slegs 2 sentimeter nader aan haar skedel was, sou sy skedelbreuk in die ergste graad opgedoen het.

Die inbreker het Rina kort daarna ook met die graaf teen haar kop geslaan. Sy moes steke kry nadat die ambulans hulle na Hermanus MediClinic geneem het. Altwee is in die hospitaal opgeneem en is Dinsdag, 18 Oktober weer ontslaan.  

Pearly Beach se Noodhulpkamer het om 03:15 ‘n oproep van die betrokke sekuriteitsfirma ontvang en die personeel het hulle daarheen gehaas.

Met hul aankoms daar, was daar soveel bloed op die vloer dat handdoeke gebruik is om die bloed op te suig. Daar was ook bloedstrepe en –spatsels teen die mure en meubels.

Linda is van Germiston in Gauteng en het onlangs ‘n chemoterapiereeks voltooi teen klierkanker.

Sy het vir Rina, wat in Bellville woon genooi om saam met haar by Pearly Beach te gaan ontspan. Rina self is ook nie baie gesond nie en ly aan multiple sclerosis.

Die derde suster, Denise Schultz van Hermanus,  is ook genooi, maar sy het dit van die hand gewys weens ander verpligtinge.

Denise sien tans om na haar beseerde en getraumatiseerde susters.

Die twee verdagtes is as swart mans tussen die ouderdomme van 25- en 30 jaar beskryf. Albei is lank en skraal, maar die een is korter as die ander en hulle het handskoene aangehad.

Twee selfone, bykans R30 000 se juweliersware en R2 500 in kontant word vermis, asook Rina se handsak met haar identiteitsboekie en bankkaarte.

Die aanvallers is nog op vrye voet. 

Enigiemand wat oor inligting beskik, kan die ondersoekbeampte, konstabel Pieterse van Gansbaai SAPD se Speurtak skakel by 028-384-0201.

Adjudant-Offisier Vermeulen van die Speurtak doen weer eens ‘n ernstige beroep op inwoners om nie met die aanhoor van onbekende geluide snags in wonings hul kamers sommer net te verlaat nie. Hy het ook gesê dat hierdie tipe van rooftogte gewoonlik vroeg soggens tussen 02:00 en 04:00 plaasvind.

Volgens ‘n inwoner van hierdie pragtige, maar afgeleë  vakansiedorp,  is hulle woedend oor die voorval.  Sy vertel dat dit die derde soortgelyke aanval   in sowat vyf maande is.  Sy sê voorts dat hulle nie snags slaap nie, uit vrees dat inbrekers hul huise sal betree en hulle sal aanrand.

Pearly-susters wreed aangeval in huis

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles