Pearly-susters wreed aangeval in huis

Pearly-susters wreed aangeval in huis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee susters, Linda Lensley (59) en Rina le Grange (64) is gedurende die vroeë oggendure van Maandag, 17 Oktober 2016 op ‘n  wreedaardige wyse in Pearly Beach tydens ‘n inbraak beroof en aangerand.

Inbrekers het ‘n veiligheidshek oopforseer en by die braaikamer van die huis ingegaan, waar die een ‘n graaf en die ander een ‘n braaitang gekry het.

Die susters het in een van die strandhuisies van Pearly Beach Vakansieoord aan die seekant, beter bekend as “Die Bungalows”, vakansie gehou.

Hulle het geslaap en het van ‘n harde geluid wakker geword. Linda het ondersoek gaan instel toe sy sien die veiligheidsdeur is oop. Sy wou dit gaan toemaak toe ‘n man haar met ’n graaf  teen haar kop geslaan het.

Dit was ‘n baie harde hou wat ligte bloeding op die brein, asook skedelbreuk veroorsaak het.  Die inbreker het haar geskop terwyl sy op die vloer gelê het.

Die dokter aan diens het gesê indien die hou slegs 2 sentimeter nader aan haar skedel was, sou sy skedelbreuk in die ergste graad opgedoen het.

Die inbreker het Rina kort daarna ook met die graaf teen haar kop geslaan. Sy moes steke kry nadat die ambulans hulle na Hermanus MediClinic geneem het. Altwee is in die hospitaal opgeneem en is Dinsdag, 18 Oktober weer ontslaan.  

Pearly Beach se Noodhulpkamer het om 03:15 ‘n oproep van die betrokke sekuriteitsfirma ontvang en die personeel het hulle daarheen gehaas.

Met hul aankoms daar, was daar soveel bloed op die vloer dat handdoeke gebruik is om die bloed op te suig. Daar was ook bloedstrepe en –spatsels teen die mure en meubels.

Linda is van Germiston in Gauteng en het onlangs ‘n chemoterapiereeks voltooi teen klierkanker.

Sy het vir Rina, wat in Bellville woon genooi om saam met haar by Pearly Beach te gaan ontspan. Rina self is ook nie baie gesond nie en ly aan multiple sclerosis.

Die derde suster, Denise Schultz van Hermanus,  is ook genooi, maar sy het dit van die hand gewys weens ander verpligtinge.

Denise sien tans om na haar beseerde en getraumatiseerde susters.

Die twee verdagtes is as swart mans tussen die ouderdomme van 25- en 30 jaar beskryf. Albei is lank en skraal, maar die een is korter as die ander en hulle het handskoene aangehad.

Twee selfone, bykans R30 000 se juweliersware en R2 500 in kontant word vermis, asook Rina se handsak met haar identiteitsboekie en bankkaarte.

Die aanvallers is nog op vrye voet. 

Enigiemand wat oor inligting beskik, kan die ondersoekbeampte, konstabel Pieterse van Gansbaai SAPD se Speurtak skakel by 028-384-0201.

Adjudant-Offisier Vermeulen van die Speurtak doen weer eens ‘n ernstige beroep op inwoners om nie met die aanhoor van onbekende geluide snags in wonings hul kamers sommer net te verlaat nie. Hy het ook gesê dat hierdie tipe van rooftogte gewoonlik vroeg soggens tussen 02:00 en 04:00 plaasvind.

Volgens ‘n inwoner van hierdie pragtige, maar afgeleë  vakansiedorp,  is hulle woedend oor die voorval.  Sy vertel dat dit die derde soortgelyke aanval   in sowat vyf maande is.  Sy sê voorts dat hulle nie snags slaap nie, uit vrees dat inbrekers hul huise sal betree en hulle sal aanrand.

Pearly-susters wreed aangeval in huis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles