‘n Groep van vier leerders van Gansbaai Academia vlieg Vrydag, 21 Oktober 2016 na Johannesburg, nadat hulle puik presteer het in die JSE/Liberty Life Investment Challenge.
Die vier knap aandele-“spelers” het behoorlik gewoeker met hul aandele tydens die beleggingsuitdaging.
Die vier leerders, Heinrich van der Merwe, Jacques Prins, Llewellyn Davids en Andre Lourens is nie net deeglik geskool om met aandele te woeker nie, maar het ook as deel van die vyf beste presteerders in die land se skole in die kompetisie geëindig.
Tydens hul besoek aan Johannesburg sal hulle elkeen ‘n prys van R1,000 se aandele in ontvangs neem.