Sommige wyshede moet jy onthou

Sommige wyshede moet jy onthou

Gansbaai Courant

Die ou (noem hom sommer Nr 1) is nou die dag saam met my see toe. Die water was kwaai maar ons het by bekende plekke geanker, waar ons maar swak gevaar het. Nr 1 het soos gewoonlik meeste van die vis gevang.

Soos almal wat hom ken weet, die man kan  darem!

Die volgende dag is hy en sy hengelmaat (Nr 2, want hy is 2e beste) na die Gruis toe.

Die nodige sardyn, vars tjokka en hulle lang strandstokke is saam, en het hulle geglo, daar wag ‘n kabeljou of twee en selfs ‘n steenbras op hulle. Ek is selfs gevra om ‘n ordentlike rooster gereed te hou!

En toe, net voor die son sak kom die twee druipstert by die huis aan met net een kolstertjie en hulle lyk meer verdwaas as teleurgesteld. Vertel Nr 1: “Ons was nog op soek na ‘n aanvaarbare hengelplek toe ons verby ‘n ander hengelaar ry wat besig was om ‘n vis in te katrol. Ons stop toe so entjie anderkant hom en kon ons lyne nie gou genoeg in die water kry nie  -- ons het gedink vandag is die dag, maar ons probeer en probeer en vang niks.

Intussen let ons op dat die ander ou ‘n paar stokke in die water het en hy hardloop van die een na die ander, en die man váng.

Ons het darem intussen die kolstertjie gekry”.

Soos reeds gemeld, Nr 1 en Nr 2 is ewe bedrewe, beide vanaf die boot en veral ook vanaf die strand is hulle gewoonlik koning.

Na so ‘n ruk gaan gesels hulle met die ander man en, vertel hulle, hy is baie vriendelik en bied sommer raad aan. Nr1 vertel verder: “Toe ons die klomp vis sien wat hy in sy voertuig gebêre het soek ons rede waarom ons so swak vaar. Dis beslis nie goed vir jou ego nie! Eerstens sê hy, julle gooi te ver, die vis beweeg heen en weer in die vaal water, hier aan die vlak kant - en, hy wys ons sy aas.

‘n Verskeidenheid wurms, kre-wels en witmossel. Nooit sal hy sonder ‘n versameling ase see toe gaan nie, dís sy geheim.

Hy gee ons toe ‘n wurm of twee en daar gaan ons, maar dit was dalk bietjie min en ons bly droëbek”.

Die aand (ons het toe maar vleisie gebraai!) het Nr 1 steeds rooigesig uitgepak hoe groot slae hulle gekry het.

Hy het egter erken dat hulle die belangrikheid van ‘n verskeidenheid ase uit die oog verloor het en dat hulle dankbaar teenoor die ander ou is wat hulle gewys het wat belangrik bly.

So gaan dit mos.

Groete, Seemeeu

Sommige wyshede moet jy onthou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles