Sommige wyshede moet jy onthou

Sommige wyshede moet jy onthou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die ou (noem hom sommer Nr 1) is nou die dag saam met my see toe. Die water was kwaai maar ons het by bekende plekke geanker, waar ons maar swak gevaar het. Nr 1 het soos gewoonlik meeste van die vis gevang.

Soos almal wat hom ken weet, die man kan  darem!

Die volgende dag is hy en sy hengelmaat (Nr 2, want hy is 2e beste) na die Gruis toe.

Die nodige sardyn, vars tjokka en hulle lang strandstokke is saam, en het hulle geglo, daar wag ‘n kabeljou of twee en selfs ‘n steenbras op hulle. Ek is selfs gevra om ‘n ordentlike rooster gereed te hou!

En toe, net voor die son sak kom die twee druipstert by die huis aan met net een kolstertjie en hulle lyk meer verdwaas as teleurgesteld. Vertel Nr 1: “Ons was nog op soek na ‘n aanvaarbare hengelplek toe ons verby ‘n ander hengelaar ry wat besig was om ‘n vis in te katrol. Ons stop toe so entjie anderkant hom en kon ons lyne nie gou genoeg in die water kry nie  -- ons het gedink vandag is die dag, maar ons probeer en probeer en vang niks.

Intussen let ons op dat die ander ou ‘n paar stokke in die water het en hy hardloop van die een na die ander, en die man váng.

Ons het darem intussen die kolstertjie gekry”.

Soos reeds gemeld, Nr 1 en Nr 2 is ewe bedrewe, beide vanaf die boot en veral ook vanaf die strand is hulle gewoonlik koning.

Na so ‘n ruk gaan gesels hulle met die ander man en, vertel hulle, hy is baie vriendelik en bied sommer raad aan. Nr1 vertel verder: “Toe ons die klomp vis sien wat hy in sy voertuig gebêre het soek ons rede waarom ons so swak vaar. Dis beslis nie goed vir jou ego nie! Eerstens sê hy, julle gooi te ver, die vis beweeg heen en weer in die vaal water, hier aan die vlak kant - en, hy wys ons sy aas.

‘n Verskeidenheid wurms, kre-wels en witmossel. Nooit sal hy sonder ‘n versameling ase see toe gaan nie, dís sy geheim.

Hy gee ons toe ‘n wurm of twee en daar gaan ons, maar dit was dalk bietjie min en ons bly droëbek”.

Die aand (ons het toe maar vleisie gebraai!) het Nr 1 steeds rooigesig uitgepak hoe groot slae hulle gekry het.

Hy het egter erken dat hulle die belangrikheid van ‘n verskeidenheid ase uit die oog verloor het en dat hulle dankbaar teenoor die ander ou is wat hulle gewys het wat belangrik bly.

So gaan dit mos.

Groete, Seemeeu

Sommige wyshede moet jy onthou

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles