Gansbaai se bekendes in kultuurkringe was verlede Vrydagaand die eregaste by die finale rondte van die ‘Hangklip/Kleinmond Got Talent’ kunswedstryd. Die gehoor is verras met uitmuntende talent en het met tye geskaterlag, maar ook met tye ‘n traan afgevee. In samewerking met die Kleinmond-groep wat die kunswedstryd geïnisieer het, is die wiele aan die rol om volgende jaar ‘n uitstekende kultuuropskop te reël vir ons dorp se talentvolles.
Gansbaaiers kan solank hul stemme warm maak, hul kitaarsnare laat span en die stof van die viole afvee. Hier saam met Vrydagaand se beoordelaars staan Annelie Botha (sangafrigter), Siyabonga Vonco (beoordelaar), Lynette van Wyk (dansinstrukteur), agter haar – Marjaan van Tonder (komponis) en die ander beoordelaars: Niki Daly, Nicolette Botha-Guthrie en agter, Sandy Gertse.
‘n Komitee sal binnekort op die been gebring word en Annelie vertrou dat ouers net soveel in hul kinders se kultuur sal belê, as in sport. Almal wat ‘n droom het vir Gansbaai se kultuur, hetsy met organisering, administrasie of afrigting, kan gerus inskakel by hierdie inisiatief. Hou die pers dop.
Kunswedstryd wag in die 2017-jaar
04 November 2016Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse
Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.
The Truth About Anger
Many people believe peace comes from controlling anger.
Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom
Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch
This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai
At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...
Brushcutter Hire in Gansbaai
If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.














